Verenigde State County: Onderafdeling wat deur die meeste state in die Verenigde State van Amerika gebruik word

In die Verenigde State verwys die term county (of graafskap) na die geografiese onderafdeling van 'n deelstaat of federale gebied wat gewoonlik een of ander soort politieke of juridiese gesag het.

Verenigde State County: Onderafdeling wat deur die meeste state in die Verenigde State van Amerika gebruik word
Kaart van die Verenigde State met deelstate en hul administratiewe onderafdelings soos counties, parogieë (parishes, Louisiana of sensusgebiede (census areas, Alaska)

Die term county word in 48 van die 50 Amerikaanse deelstate gebruik - slegs Louisiana word amptelik in parogieë (Engels parishes) en Alaska in boroughs verdeel wat deur die federale regering as ekwivalente van counties beskou word - net soos enkele selfregerende stede wat nie deel uitmaak van counties nie. Daar is tans altesaam 3 143 counties en ekwivalente van counties in die Verenigde State.

Die politieke gesag van counties word deur die respektiewelike deelstate vasgelê en varieer grootliks.

In sommige deelstate is counties suiwer geografiese entiteite sonder politieke gesag en instellings. Aan die ander ekstreem is daar counties soos dié van Maryland en die county-ekwivalent Baltimore wat byna alle openbare dienste insluitende openbare onderwys lewer.

Tans is daar 'n gemiddeld van 62 counties per deelstaat. Texas het die grootste aantal counties (254), terwyl Delaware in slegs drie counties onderverdeel is. Volgens die sensus van 2000 beloop die gemiddelde bevolking van 'n county sowat 100 000. Die mees bevolkte county is Los Angeles County met 9,9 miljoen bewoners volgens 'n Sensus 2009-skatting - sy bevolking was groter as dié van 42 deelstate. Die kleinste county is Loving County in Texas met 'n bevolking van slegs 82 volgens die 2010-sensus.

Verwysings

Tags:

DeelstaatVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoordFacebookDruiweVroueregteVaginale kankerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDermpoliepSharpeville-slagtingAfrikaanse woordelys en spelreëlsRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Privaat maatskappyKoedoeSuid-Afrikaanse GrensoorlogAngolese BurgeroorlogDansPersoonlikheidEllipstekenLys van veltoestandeWieg van die MensdomMaagLodewyk XVI van FrankrykGenitale vratKaartHartseerPlae van EgipteTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)AkroniemHartVryheidsmanifesNeurenberg-verhoreKoolhidraatBorskankerAsiëJagluiperdHerfsGemeenskapBruin menseAngssteuringOntbossingKoperSeksuele opwekkingVraag en aanbodTuberkuloseInvloed van vigs op die ekonomieLangste woordMalariaDwelmmiddelDurbanEngelandRasionale getalDemokratiese Republiek die KongoSwartToringCleopatra VIISuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994HoenderTierCorioliskragBipolêre gemoedsteuringWisselkoersBeeldspraakOogproblemeJak de PriesterMeeueMaatskappyWet op BevolkingsregistrasieAfvalbestuurAkademiaKimberleyOligopolieSydneyErosieHulpwerkwoordTransatlantiese slawehandelGrondMona LisaPornografie🡆 More