Pous Gelasius I

Gelasius I was die 49ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Gelasius I
Pous Gelasius I
Geboortenaam Gelasius
Pontifikaat begin 1 Maart 492
Pontifikaat eindig 19 November 496
Voorganger Felix III
Opvolger Anastasius II
Gebore
Kabylie
Sterf 19 November 496
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gelasius

Biografie

Pous Gelasius I word gesien as die derde pous wat van Afrika afkomstig is. Hy is in Kabylie gebore. Op 1 Maart 492 volg hy Pous Felix III op en regeer tot sy dood op 19 November 496. Hy word opgevolg deur Pous Anastasius II. Die naam ‘Gelasius’ beteken 'die vrolike' in Grieks.

Pontifikaat

Die pontifikaat van Gelasius word gesien as 'n voortsetting van die bewind van Pous Felix III. Veral die stryd met die monofisiete duur voort. Gelasius skryf 'n boek "De duabus in Christo naturis" (oor die dualiteit van die natuur van Christus). In 'n brief aan keiser Anastasius I van die Oos-Romeinse Ryk stel hy die duidelik dat die kerklike gesag wat van God kom, hoër is as die wêreldlike gesag van die keiser. Hierdie stelling sal later bekend staan as die "Twee-magte-leer".

Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van die Bybel vasgestel tydens 'n sinode in Rome in 494. Hierdie stelling word bevraagteken en die sinode het dalk nooit plaasgevind nie. Gelasius het baie geskrywe, daar het 42 briewe, 49 fragmente van briewe en 6 traktaatjies van hom bewaar gebly.

Verering

Pous Gelasius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 21 November, die dag van sy begrafnis.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia's.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Felix III
Pous (Pontifex Maximus)
492496
Opgevolg deur
Anastasius II

Tags:

Pous Gelasius I BiografiePous Gelasius I PontifikaatPous Gelasius I VereringPous Gelasius I VerwysingsPous Gelasius I Eksterne skakelsPous Gelasius I NotaPous Gelasius I OpvolgingPous Gelasius IPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkwoordXhosaEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaApostelZambiëSinoniemLuiperdKameelperdMaroela MediaTrappe van vergelykingSeksuele oriëntasieVolhoubare ontwikkelingWerkersdagMiltGlobaliseringFamilie (verwantskap)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaarmoederChatGPTRooms-Katolieke KerkAndré SchwartzKlereArmoedeVratPuberteitSlag van Cuito CuanavaleKoopkragpariteitSokkerHomoniemGoogle MapsNag van die lang messeRichard Francis BurtonBynierVerkleurmannetjieMynbouBorsteChirurgieStollingsgesteenteKatjieSoweto-opstandLys van Griekse mitologiese figureKankerNatuurrampGreen PornoBreyten BreytenbachTaalKartografieChristendomSamestellende afleidingLimpopoOmgewingsbeheerGeskiedenis van AfrikaansBloeddrukViëtnamoorlogOorHoofpynMetaalIsraelHanoverLys van universiteite in Suid-AfrikaPolitieke partyVrouGenreDemokratiese AlliansieAfro-AmerikanersSteve BikoTropiese sikloonSterShine4SpysverteringstelselVars waterEngelsAsiëOrgaanRussiese inval in Oekraïne sedert 2022🡆 More