Felix III was die 48 pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Felix III | |
---|---|
Pontifikaat begin | 13 Maart 483 |
Pontifikaat eindig | 1 Maart 492 |
Voorganger | Simplicius |
Opvolger | Gelasius I |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 19 November 492 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Felix |
As gevolg van die bestaan van die Teenpous Felix II word Pous Felix III soms as Felix II (as die teenpous nie getel word nie) of as Felix II (III) aangedui. Teenswoordig word Teenpous Felix II wel as wettig aanvaar en is hy selfs heilig verklaar. Felix III was reeds getroud en die pa van twee kinders voordat hy priester geword het. Op 13 Maart 483 volg Felix III Pous Simplicius op en regeer tot sy dood op 1 Maart 492. Hy word opgevolg deur Pous Gelasius I. Die naam ‘Felix’ beteken 'die gelukkige'.
Pous Felix III het hom verset teen die monofisiete en hulle simpatiseerders. In 483 ekskommuniseer hy biskop Petrus Fullus van Antiogië en in 484 biskop Petrus Mongus van Alexandrië. Die lei tot 'n kerkskeuring wat tot 519 sal duur. Hy verwerp ook die toenadering van patriarg Acacius van Konstantinopel tot die monofisiete wat as die Henotikon bekend staan.
Felix III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 1 Maart.
Wiki Commons bevat media in verband met Felix III. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Simplicius | Pous (Pontifex Maximus) 483 – 492 | Opgevolg deur Gelasius I |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pous Felix III, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.