Leeudoringstad is 'n dorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika.
Die dorp is 30 km oos van Wolmaransstad.
Leeudoringstad | |
---|---|
Koördinate: 27°14′S 26°14′O / 27.233°S 26.233°O 26°14′O / 27.233°S 26.233°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr Kenneth Kaunda |
Munisipaliteit | Maquassi Hills |
Stigting | 1822 |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,63 km2 (2,17 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 5 054 |
• Digtheid | 898/km2 (2 330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 77.4% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 57.0% |
• Afrikaans | 21.8% |
• Sotho | 10.4% |
• Xhosa | 4.1% |
• Ander | 6.6% |
Poskode (strate) | 2640 |
Poskode (posbusse) | 2640 |
Skakelkode | 018 |
Die dorp is 6 Desember 1920 op die plaas Rietkuil geproklameer en genoem na die leeudoringboom nadat 'n spoorwegstasie met die naam Leeuwdoorns in 1908 opgerig is. Die dorp en plaaslike NG gemeente het dan ook lank as Leeuwdoornsstad bekend gestaan. Die naam kom van die plant Harpagophytum procumbens (duiwelsklou), wat in die omgewing groei. Die dorp lê aan die hoofspoorlyn tussen Kimberley en Johannesburg en die dorp het gegroei om die spoorweghalte.
Die belangrikste ekonomiese aktiwiteite in die distrik is skaap- en beesboerdery, terwyl mielies, sorghum, sonneblomsaad en grondboontjies verbou word. Die R502 en die R504 streeksroetes kruis in die dorp.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Leeudoringstad, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.