Eric Rosenthal (10 Julie 1905, Nuweland, Kaapstad – 1983) was 'n Suid-Afrikaanse historikus en outeur.
Hy het sy graad in die regte verwerf aan die Universiteit van die Witwatersrand en word 'n prokureur. Hy word later 'n joernalis en outeur van korporatiewe geskiedenis.
Eric Rosenthal | |
---|---|
Gebore | 10 Julie 1905 |
Sterf | 1983 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, historikus |
Eggenoot | Jenny Bradley |
Hy was lid van die Three Wise Men op Springbokradio se vasvraprogram Test the Team. Hy was die oudste van twee kinders. Sy ouers was Richard Rosenthal en Hedwig de Beer. Hy het gedurende sy skoolloopbaan onder andere Parktown Preparatory School in Johannesburg en St. John's College bygewoon. Rosenthal trou op 18 Desember 1934 met Jenny Bradley in Westcliff, Johannesburg. Ná sy aftrede vestig hy hom in Vishoek naby Kaapstad.
|
|
|
Verskeie van sy boeke, soos die Encyclopaedia of Southern Africa is na Afrikaans vertaal (sien Ensiklopedie van Suidelike Afrika).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eric Rosenthal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.