Melanesië

Melanesië (afgelei van Grieks: μέλας mélas vir swart en νῆσος nêsos vir eiland, letterlik: eilande van swartes of eilande van swart mense) is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van die Filippyne, in die ooste van Indonesië, in die noordooste van Australië en in die noorde van Nieu-Seeland.

Melanesië beslaan 'n oppervlakte van 940 000 km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.

Melanesië
Melanesië se geografiese omvang
Melanesië
Ligging van Melanesië
Melanesië
Kaart van Melanesië
Melanesië
Lande en gebiede van Melanesië:

   Onafhanklike lande

   Afhanklike gebiede

Die streek sluit die vyf onafhanklike lande Fidji, Vanuatu, Salomonseilande, Papoea-Nieu-Guinee en Oos-Timor, maar ook die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië en dele van Indonesië – veral die westelike Nieu-Guinee, Oos-Nusa Tenggara en Maluku in. Die grootste deel van die streek lê in die Suidelike Halfrond, terwyl Noord-Maluku en baie kleiner eilande van Wes-Nieu-Guinee in die Noordelike Halfrond is. Die grootste eilande is Nieu-Guinee, Fidji se twee hoofeilande Viti Levu en Vanua Levu, Nieu-Kaledonië se Grande Terre, asook Bougainville, Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland wat almal tot Papoea-Nieu-Guinee behoort.

Die term Melanesië (in Frans: Mélanésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Mikronesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig.

Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking
Melanesië Melanesië Fidji Suva 18 274 849 000
Melanesië Melanesië Nieu-Kaledonië
(Frankryk)
Nouméa 18 575,5 245 580
Melanesië Melanesië Papoea-Nieu-Guinee Port Moresby 462 840 6 732 000
Melanesië Melanesië Salomonseilande Honiara 28 400 523 000
Melanesië Melanesië Vanuatu Port Vila 12 190 243 304
Melanesië Melanesië Wes-Nieu-Guinee
(Indonesië)
Port Numbay 421 981 2 930 000

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Kirch, Patrick Vinton (2001). On the Road of the Winds: An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact. University of California Press. ISBN 978-0-520-92896-1.
  • (en) Lal, Brij V.; Fortune, Kate (2000). The Pacific Islands: An Encyclopedia. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-2265-1.

Eksterne skakels

Gebiede van die Wêreld

Melanesië 

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Melanesië 

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Melanesië 

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Melanesië 

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Melanesië 

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Melanesië 

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Melanesië 

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Melanesië 

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld

Tags:

ArgipelAustraliëFilippyneGrieksIndonesiëMikronesiëNieu-SeelandOseaniëPolinesiëStille OseaanSwart mense

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoëlSwangerskapPiet ByleveldBeesagtigesHabitatSteenkool in Suid-AfrikaYstertydperkOos-KaapIranse aanval op Israel in 2024Slag van Cuito CuanavaleDigvormProstaatkankerAfkappingstekenKoekie (rekenaarwetenskap)KinderregteVerantwoordelikheidRekenaarVisAppelKindermishandelingIndonesiëJan-Willem Breure16 AprilKewerDroomHidroulikaWiskundeIntensiewe vormBTWMuskeljaatkatByvoeglike naamwoordSharpeville-slagtingDiarreeKatoenBelastingLandbouGeskiedenis van die AardeWes-Germaanse taleFrederik Willem de KlerkLieweheersbesieHeelgetalWaarheid-en-versoeningskommissieOseaanbesoedelingMenseregtedagLeonardo da VinciKarpaletonnelsindroomJohannesburgStikstofKoerantIndo-Europese taleAfrikaanse taalleerEjakulasieMobutu Sese SekoSimfonie-orkesBergNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAfrikanerweerstandsbewegingMetafoorAngolese BurgeroorlogMuisvoëlTafelsoutFranse RewolusiePakistanHernubare energieBloeddrukNasionale PartyLeestekenMaanSonnestelselPornografieGeslagGautengJeuksiekteGalileo GalileiWes-KaapNierversakingMusieksimboleMerino🡆 More