'n Argipel of eilandgroep is 'n ketting of tros van eilande.
Argipels bestaan meestal in die oop see. Hulle is dikwels vulkaniese eilande wat langs 'n oseaniese rug of vulkaniese warmkol ("hotspot") gevorm is. 'n Voorbeeld van 'n argipel wat deur 'n vulkaniese warmkol ontstaan het, is Hawaii, 'n lang uitgerekte ketting van honderde eilande en eilandjies.
Die vyf grootste lande wat op 'n argipel geleë is, is Indonesië, Japan, die Filippyne, Nieu-Seeland en die Britse Eilande.
Die grootste argipel op Aarde is die Maleise argipel, gevolg deur die Kanadese Arktiese Argipel in die Arktiese Oseaan. Indonesië is die grootste land wat op 'n argipel geleë is. Die argipel met die grootste aantal eilande is die Argipel See in Finland.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Argipel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.