Salomonseilande

Die Salomonseilande (Engels: Solomon Islands) is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 28 400 km² en 'n bevolking van 707 851 in 2021.

Die Salomonseilande is oos van Papoea-Nieu-Guinee, suid van Nauru, wes van Tuvalu, noord van Vanuatu en noordoos van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Honiara, geleë op die eiland Guadalcanal.

Salomonseilande
Solomon Islands (Engels)
Vlag van die Salomonseilande Wapen van die Salomonseilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: To Lead is to Serve
(Engels vir: "Om te lei is om te dien")
Volkslied: God Save Our Solomon Islands
(Engels vir: "God beskerm ons Salomonseilande")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van die Salomonseilande
Hoofstad Honiara

9°28′S 159°49′O / 9.467°S 159.817°O / -9.467; 159.817

Grootste stad Honiara
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Sir David Vunagi
Manasseh Sogavare
Onafhanklikheid
7 Julie 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
28 400 km2  (139ste)
11 000 myl2
3,2
Bevolking
 - 2021-skatting
 - Digtheid
 
707 851 (167ste)
18,1 / km2 (200ste)
46,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,705 miljard
$2 385

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,669 miljoen
$2 334

MOI (2021) Salomonseilande 0,564 (155ste)  –  medium
Gini (2012) 37,1 –  medium
Geldeenheid Dollar (SBD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+11)
nie toegepas nie (UTC+11)
Internet-TLD .sb
Skakelkode +677
Salomonseilande
Kaart van die Salomonseilande
Salomonseilande
Kaart van die Salomonseilande in 1989 (CIA)
Salomonseilande
Kaart van die Salomonseilande se administratiewe gebiede

Die Salomonseilande bestaan uit ses hoofeilande en meer as 900 kleiner eilande. Dié land se naam is afgelei van die gelyknamige argipel, wat tot Melanesië behoort en nog die Noordelike Salomonseilande rondom Bougainville insluit, wat tot Papoea-Nieu-Guinee behoort. Die Salomonseilande word deur die Koraalsee in die weste en die Salomonssee in die suide begrens. In die noorde is die oop Suidelike Stille Oseaan geleë.

In 1568 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira die eilande vir Europa ontdek en na die Bybelse koning Salomo Islas Salomón genoem. In Junie 1893 het die Salomonseilande onder Britse invloed gekom, nadat die Suidelike Salomonseilande deur kaptein Gibson R.N. van die HMS Curacoa tot Britse protektoraat verklaar is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het gedurende die Salomonseilande-veldtog (1942–1945) tussen die Verenigde State en die Japannese Keiserryk hewige gevegte plaasgevind, soos die Slag van Guadalcanal. Op 7 Julie 1978 het die Salomonseilande van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Die Salomonseilande is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Charles III van die Verenigde Koninkryk as staatshoof.

Geografie

Die Salomonseilande bestaan uit tien administratiewe gebiede, waarvan nege provinsies is wat deur verkose provinsiale gemeentes geadministreer word en die tiende die hoofstad Honiara is wat deur die Honiara Stadsraad geadministreer word.

# Provinsie Hoofstad Premier Oppervlak
(km²)
Bevolking
1999-sensus
Bevolking
per km² (2009)
Bevolking
2009-sensus
1 Salomonseilande  Sentrale Provinsie Tulagi Patrick Vasuni 615 21 577 42,4 26 051
2 Salomonseilande  Choiseul Taro-eiland Jackson Kiloe 3 837 20 008 6,9 26 371
3 Salomonseilande  Guadalcanal Honiara Anthony Veke 5 336 60 275 17,5 93 613
4 Salomonseilande  Isabel Buala James Habu 4 136 20 421 6,3 26 158
5 Salomonseilande  Makira-Ulawa Kirakira Stanley Siapu 3 188 31 006 12,7 40 419
6 Salomonseilande  Malaita Auki Peter Ramohia 4 225 122 620 32,6 137 596
7 Salomonseilande  Rennell en Bellona Tigoa George Tuhaika 671 2 377 4,5 3 041
8 Salomonseilande  Temotu Lata Fr. Charles Brown Beu 895 18 912 23,9 21 362
9 Salomonseilande  Westelike Provinsie Gizo Wyne Maepio 5 475 62 739 14,0 76 649
Salomonseilande  Hoofstadgebied Honiara Mua (burgemeester) 22 49 107 2 936,8 64 609
  Salomonseilande Honiara 28 400 409 042 14,7 515 870

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Salomonseilande GeografieSalomonseilande VerwysingsSalomonseilande BronnelysSalomonseilande Eksterne skakelsSalomonseilandeAustraliëEilandstaatEngelsEwenaarHoniaraHoofstadNauruOseaniëPapoea-Nieu-GuineeStille OseaanTuvaluVanuatu

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wayde van NiekerkMarsKaapstadBosluisNierversakingBloedvergiftigingJavaScriptLiewe HeksieGeslagsorgaanLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsOogproblemeNieu-SeelandAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWortelkanaalEier (biologie)HeupBosluisbytkoorsYouTubeAppelblaarVolkekundeLimfvatstelselLys van woestyneVergelykings (taalkunde)Amalia UysOrtopedieJapanModernismeMondEkonomie van Suid-AfrikaJerusalemSuider-AfrikaPoleAsynBloutongsiekteAswoensdagAspergersindroomKnopiespinnekopLibiëParysTydPaasfeesMusiekVerkleinwoordRugbywêreldbeker 1987Duitse maselsInternetAarde se atmosfeerOrkaan GustavDagroofvoëlsRuslandAnnelize van der RystKoorsblaarAntjie KrogGawes van die Heilige GeesMamelukVarkgriepGianna MichaelsBloemfonteinFiksieDuitsNederlandAnglo-BoereoorlogMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaVuurCarles PuigdemontProstaatkankerErica Rhodes🡆 More