Die transurane is die chemiese elemente met atoomgetalle groter as 92 (die atoomgetal van uraan).
Al dié elemente is onstabiel en verval radioaktief in ander elemente.
Van die elemente met atoomgetalle 1 tot 92 word die meeste in die natuur aangetref. Hul isotope het ’n stabiele (soos waterstof) of baie lang halfleeftyd (soos uraan), of word geskep as algemene vervalprodukte van uraan en torium (soos radon). Die uitsonderings is 43, 61, 85 en 87; al vier kom in die natuur voor, maar net in baie klein takke van die uraan- en torium-vervalkettings; dus is hulle almal buiten element 87 eers in die laboratorium ontdek en daarna in die natuur.
Alle elemente met ’n groter atoomgetal is eers in die laboratorium ontdek met neptunium en plutonium wat later ook in die natuur ontdek is. Hulle is almal radioaktief, met ’n halfleeftyd wat baie korter is as die ouderdom van die Aarde. As enige atome van hierdie elemente dus enigsins bestaan het met die vorming van die Aarde, het hulle lank gelede reeds verval. Spoorhoeveelhede neptunium en plutonium vorm in sommige uraanryke rotse, en klein hoeveelhede word vervaardig tydens atmosfeertoetse van kernwapens. Hierdie twee elemente ontstaan uit die neutronvangs in uraanerts met ’n gevolglike betaverval (byvoorbeeld 238U + n → 239U → 239Np → 239Pu).
Transurane kan kunsmatig vervaardig word as sintetiese elemente in kernreaktors of deeltjieversnellers. Die halfleeftye van hierdie elemente neig om korter te word namate die atoomgetal toeneem. Daar is egter uitsonderings, soos verskeie isotope van curium en dubnium. Verdere afwykende elemente in hierdie reeks is deur Glenn T. Seaborg voorspel en word gekategoriseer as die “eiland van stabiliteit”.
Dit is moeilik en duur om swaar transurane te vervaardig en hul prys neem vinnig toe saam met die atoomgetal. In 2008 was die koste van wapengehalte-plutonium byvoorbeeld sowat $4 000/gram, en dié van kalifornium meer as $60 000 000/gram.
Einsteinium is die swaarste transuraan wat nog in makroskopiese hoeveelhede vervaardig is.
|
|
|
Superswaar elemente, ook bekend as transaktiniede, begin by rutherfordium (atoomgetal 104). Hulle word net kunsmatig vervaardig en dien tans geen praktiese doel nie, omdat hul kort halfleeftyd meebring dat hulle ná ’n baie kort tydjie verval – van ’n paar minute tot ’n paar millisekondes (buiten dubnium, wat ’n halfleeftyd van meer as ’n dag het). Dit is dus baie moeilik om hulle te bestudeer.
Superswaar atome is almal sedert die laaste helfte van die 20ste eeu vervaardig, en word steeds vervaardig. Hulle word geskep deur die beskieting van elemente in deeltjieversnellers. Die kernfusie van 249Cf en 12C skep 261Rf.
Transurane kan gebruik word om ander superswaar elemente te vervaardig. Elemente van die eiland van stabiliteit het potensieel belangrike militêre toepassings, onder meer die ontwikkeling van kompakte kernwapens. Die potensiele alledaagse toepassings is veelryk; die element amerikium word byvoorbeeld gebruik in toestelle soos rookverklikkers en spektrometers.
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Transuraan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.