Hierdie is 'n lys van munisipaliteite van Suid-Afrika.
In 2007 was daar 6 munisipaliteite met meer as 1 miljoen inwoners en 8 met tussen 500,000 en 1 miljoen inwoners (in 2001 was daar 6). Munisipaliteite in die lys sluit dikwels verskeie dorpe in, met sommige wat bestaan uit honderde klein nedersettings wat naby aan mekaar geleë is. Dit is gewoonlik munisipaliteite wat in die voormalige tuislande geleë is (soos kaNgwane, QwaQwa en Transkei) waar verspreide nie-Westerse nedersettings geprakseer is.
Gauteng is verdeel in drie metropolitaanse munisipaliteite en drie distriksmunisipaliteite. Die distriksmunisipaliteite is onderverdeel in nege plaaslike munisipaliteite.
Naam | Kode | Setel | Area (km²) | Bevolking (2007) | |
---|---|---|---|---|---|
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit | EKU | Germiston | 1 924 | 2 724 229 | |
Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit | JHB | Johannesburg | 1 645 | 3 888 180 | |
Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit5 | TSH | Pretoria | 6 298 | 3 275 152 | |
Sedibeng-distriksmunisipaliteit | DC42 | Vereeniging | 4 177 | 800 819 | |
Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit | GT421 | Vanderbijlpark | 966 | 650 867 | |
Midvaal Plaaslike Munisipaliteit | GT422 | Meyerton | 1 725 | 83 445 | |
Lesedi Plaaslike Munisipaliteit | GT423 | Heidelberg | 1 486 | 66 507 | |
Wesrand-distriksmunisipaliteit | DC48 | Randfontein | 4 087 | 754 903 | |
Mogale City Plaaslike Munisipaliteit | GT481 | Krugersdorp | 1 099 | 319 641 | |
Randfontein Plaaslike Munisipaliteit | GT482 | Randfontein | 477 | 117 261 | |
Westonaria Plaaslike Munisipaliteit | GT483 | Westonaria | 638 | 99 218 | |
Merafong City Plaaslike Munisipaliteit | GT484 | Carletonville | 1 631 | 215 865 |
KwaZulu-Natal is verdeel in een metropolitaanse munisipaliteit en tien distriksmunisipaliteite. Die distriksmunisipaliteite is onderverdeel in vyftig plaaslike munisipaliteite.
Limpopo is verdeel in vyf distriksmunisipaliteite wat verder onderverdeel is in vyf-en-twintig plaaslike munisipaliteite.
Mpumalanga is verdeel in drie distriksmunisipaliteite wat onderverdeel is in agtien plaaslike munisipaliteite.
Die Noord-Kaap is verdeel in vyf distriksmunisipaliteite wat onderverdeel is in sewe-en-twintig plaaslike munisipaliteite in terme van die Wet op Munipale Strukture van 1998 en een verteenwoordigende raad in terme van die Oorgangswet op Plaaslike Regering van 1993.
Notas:
Noordwes is verdeel in vier distriksmunisipaliteite wat onderverdeel is in twintig plaaslike munisipaliteite.
Die Oos-Kaap is onderverdeel in twee metropolitaanse munisipaliteite en ses distriksmunisipaliteite. Die distriksmunisipaliteite is verder onderverdeel in agt-en-dertig plaaslike munisipaliteite.
Die Vrystaat is verdeel in vyf distriksmunisipaliteite wat onderverdeel is in twintig plaaslike munisipaliteite
Die Wes-Kaap is verdeel in een metropolitaanse munisipaliteit en vyf distriksmunisipaliteite. Die distriksmunisipaliteite is onderverdeel in vier-en-twintig plaaslike munisipaliteite.
1 Die setel van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit is geleë buite die gebied, in die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.
2 Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is die Buffalo City Plaaslike Munisipaliteit uitgesny van die Amathole-distriksmunisipaliteit en het dit 'n metropolitaanse munisipaliteit geword.
3 Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is Mbizana en Ntabankulu Plaaslike Munisipaliteite na onderskeidelik die O.R. Tambo na Alfred Nzo-distriksmunisipaliteite oorgedra.
4 Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is die Motheo-distriksmunisipaliteit ontbind en Mangaung Plaaslike Munisipaliteit is opgegradeer na 'n metropolitaanse munisipaliteit. Die Naledi en Mantsopa Plaaslike Munisipaliteite is onderskeidelik na die Xhariep- en Thabo Mofutsanyane-distriksmunisipaliteite oorgeplaas.
5 Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is die Metsweding-distriksmunisipaliteit en die plaaslike munisipaliteite daaronder ontbind en by Stad Tshwane ingelyf.
6 Die setel van die Vulamehlo Plaaslike Munisipaliteit is buite die gebied geleë, in die Umdoni Plaaslike Munisipaliteit.
7 Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is die Kagisano en Molopo Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt met die kode NW397. 'n Naam moet nog vasgestel word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lys van munisipaliteite in Suid-Afrika, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.