Sonja Herholdt

Sonja Herholdt (gebore 1 Desember 1952) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres wat bekend geword het vir liedjies soos Ek verlang na jou, Harlekyn, Waterblommetjies, Skipskop en Jantjie.

Sonja Herholdt
Gebore1 Desember 1952 (1952-12-01) (71 jaar oud)
Nigel, Suid-Afrika
Beroep(e)Sangeres, aktrise
Jare aktief1976 – nou
EtiketteBMG-rekords, Marantha-rekords, Son Music
Webwerfwww.sonjaherholdt.co.za

Jeug en uitbeelding

Herholdt is op 1 Desember 1952 in Nigel gebore. Sy was hoofmeisie van die Laerskool Tienie Vorster in Nigel en later hoofmeisie van die Hoërskool John Vorster waar sy ere-kleure vir akademiese- en dramaprestasies ontvang het. Sy het aan die Goudstadse Onderwyskollege studeer waar sy haar onderwysdiploma cum laude behaal het en die Voortrekkerpers-trofee as student van die jaar in haar finale jaar verower het.

Loopbaan

Tydens haar studies het sy 'n dosent, FC Hamman, by 'n nabygeleë kunskollege ontmoet. Hy het vryskut rolprentwerk gedoen en was vir ses weke in die Kalahari om aan die rolprent Sarah te skiet. Met sy terugkoms het Sonja die lied Ek verlang na jou gesing en hy het besluit om dit te verwerk en te gebruik vir die rolprent.

Anton Goosen word haar liedjieskrywer en tussen 1976 en 1980 het sy landwye sukses met treffers soos Jantjie, Waterblommetjies Ta' Mossie se sakkie-sakkie Boeredans, Harlekyn, Trein na Matjiesfontein, Umfaan ens.

In 1989 word Sonja genooi om tydens ‘n Gebedsontbyt van die National Religious Broadcasting Corporation in Washington op te tree. Dié optrede, wat saam met die uitreiking van haar Gospel plaat The Warrior is a Child plaasvind, is op televisie uitgesaai. Sonja tree vir meer as ‘n halfuur as enigste gaskunstenaar op voor onder andere die vise-president van Amerika.

In 1993 word haar jongste, Timothy, op die ouderdom van 2 jaar doof na ‘n siekte. Sy begin ‘n klas vir gehoor- en taalgestremde kleuters ter wille van hom, omdat daar nie soortgelyke skole is vir Afrikaanssprekende kinders in Johannesburg nie. Die klassie word gehuisves by die pre-primêre afdeling van die Laerskool Bryanston en sy het vir vyf jaar daar skool gehou.

In 1995 teken sy ‘n kontrak met BMG-Records en in 1996 met Maranatha Records vir ‘n geestelike album, Môre sal die Son weer Skyn. Skipskop is ‘n kompilasie-album van BMG wat in dié tyd baie goed verkoop as gevolg van die treffertitelsnit. Met al haar verantwoordelikhede en optredes naweke, kom haar lewe tot stilstand wanneer sy in ‘n ernstige motorongeluk is en haar forseer om haar lewe in oënskou te neem.

Nadat haar huwelik met FC ontbind is, het sy weer die verhoog betree. In 2002 stig sy haar eie platemaatskappy, Son Musiek, wat ook die album Sonjare vrygestel het. In 2007 publiseer Sonja haar biografie, Sonja, meisie van Nigel, in samewerking met haar vriend Carel Cronjé.

Tussendeur haar CD-opnames toer sy ook landswyd met haar motiveringspraatjies, waar sy haar lewenservaring kombineer met sang.

Persoonlike lewe

Herholdt skenk geboorte aan vier kinders. Hulle is tussen 1982 en 1991 gebore en hul name is Claudia, Simeon, Jesse en Timothy. Simeon is self 'n noemenswaardige musikant.

Toekennings

Sonja Herholdt ontvang die volgende toekennings:

Jaar Kategorie Instansie Resultaat
1975–1980 Beste Sangeres van die Jaar Sarie Wenner
1976 Beste Langspeler van die jaar Sarie Wenner
1980 Rapport Oscar, Beste Nuweling Aktrise Rapport Wenner
Beste Langspeler van die Jaar Sarie Wenner
1991 Erkentlikheidstoekening Afrikaanse Sakekamer Wenner
- Junior Rapportryers-toekenning Junior Rapportryers Wenner
- Rising Star Award Papillon Wenner

Diskografie

Albums

  • Sonja (1976)
  • Sonja Herholdt (1977)
  • Waterblommetjies (1978)
  • On stage/in die kalklig (1978)
  • Harlekyn (1979)
  • 'n Lied vir kersfees (1979)
  • Waarom daarom (1981)
  • Grootste treffers (1980)
  • Reflections (1982)
  • Liefdeslig (1984)
  • Lofsang – Sonja Herholdt en Jan de Wet (1985)
  • Sonja Herholdt sing die jeugbundel (1987)
  • Dis net vir jou (1987)
  • Tuiskoms (1988)
  • Sonja sing die jeugbundel no. 2 (1988)
  • The warrior is a child (1989)
  • Die klokkespel "vrede" (1989)
  • Gunsteling treffers (1992)
  • Sê die engele moet na my kyk (1994)
  • Pêrels (2010)
  • Ons eie Sonja Herholdt
  • 'n Ster vanaand
  • Die mense wat ek liefhet
  • Sonja Herholdt skipskop
  • 'n Ritsel innie rietbos
  • Dis kersfees
  • Môre sal die son weer skyn
  • 20 Gunsteling Treffers
  • Reconstructing Alice
  • Sonjare
  • She
  • Sonja en Tjokker sing kinderliedjies
  • Pêrels

Filmografie

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Sonja Herholdt Jeug en uitbeeldingSonja Herholdt LoopbaanSonja Herholdt Persoonlike leweSonja Herholdt ToekenningsSonja Herholdt DiskografieSonja Herholdt FilmografieSonja Herholdt Sien ookSonja Herholdt Eksterne skakelsSonja HerholdtAktriseSangeresSkipskopSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InternetVerkleinwoordVoortrekkermonumentSeekoeiBelgiëBoet TroskiePlantAbstraksie (rekenaarwetenskap)KleinkolmuskeljaatkatGeurmiddelSamestellingBeesHartversakingVerenigde State van AmerikaDeon MeyerSwartbewussynsbewegingAfkortingIntensiewe vormVolhoubaarheidEekhoringWitbloedselErfenisdag (Suid-Afrika)VuurVersamelnaamToorbergApartheidTydKoppeltekenFredi NestStuitjieDemokrasieDerrickDepressie (gemoedstoestand)BloemfonteinByvoeglike naamwoordAnneli van RooyenAdolf HitlerMorfologie (taalkunde)BoomZuid-Afrikaansche RepubliekBaardskeerder-spinnekopAnale kankerSuid-Afrikaanse WeermagNazi-DuitslandKameelperdSteve BikoSonOosters-Ortodokse KerkNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweLongontstekingAfrikaanse woordelys en spelreëlsKoorsblaarLuiperdSpelerposisies in rugbyGedigLikkewaanHoofstadJan BloukaasGriepLionel MessiHernubare energieAppel (sanger)GoudWladimir PoetinAntarktikaAkkedisHekseryKlankverskynsels🡆 More