Ekonomiese Vryheidsvegters

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (Engels: Economic Freedom Fighters, afgekort: EFF) is 'n politieke party in Suid-Afrika.

Die party is op 11 Julie 2013 deur sy leier, Julius Malema, bekendgestel.

Ekonomiese Vryheidsvegters
EFF
Leier Julius Malema
Slagspreuk People’s Power for Economic Freedom in Our Lifetime
Gestig 26 Julie 2013
Hoofkwartier Johannesburg
Studentevleuel Economic Freedom Fighters Students' Command (EFFSC)
Ideologie Anti-kapitalisties
Anti-imperialisties
Linkse populisme
Pan-Afrikanisme
Nasionale affiliasie Geen
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure      Rooi
Webblad effonline.org Edit this at Wikidata
Ekonomiese Vryheidsvegters
'n Klein EFF-optog op Mandela-dag (18 Julie 2014) naby die parlementsgebou in Kaapstad betoog ter ondersteuning van grondhervorming in Suid-Afrika.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het 'n radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beleid. Volgens hulle is grondonteiening en die nasionalisering van myne ononderhandelbaar. Hulle beplan om mense en maatskappye te dwing om hulle welvaart met almal te deel.

Malema het beklemtoon dat blanke Suid-Afrikaners welkom is om by die EFF aan te sluit, maar dat hulle die party se beleid van grondherverdeling ​​moet aanvaar. Hy het daarna gesê: "Blankes moet bereid wees om die land te deel. Wie is ons dat ons sou sê dat hulle in die see gedryf moet word?"

Hulle buitelandse beleid is om handel tussen Afrikalande te bevorder en die kontinent te integreer deur "onnodige grense" tussen lande op te hef, onder andere Suid-Afrika se grense met Botswana, Lesotho en Eswatini.

Die party het die African National Congress (ANC) in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 teengestaan en vriend en vyand verras deur meer as 'n miljoen stemme (byna 10% soveel as die ANC s'n) te verkry. Die resultaat is dat die EFF nou die derde grootste party in die land is, en sal hul ondersteuners met 25 van die 400 setels in die parlement verteenwoordig.

Verkiesingsresultate

Parlement

Ekonomiese Vryheidsvegters 
Persentasie van stemme vir die EFF in die 2014-verkiesing, volgens kiesafdelings.
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% ██ 60–80% ██ 80–100%
Nasionale Vergadering
Verkiesing # van
algehele stemme
% van
algehele stemme
# van
algehele setels gewen
+/–
2014 1 169 259 6,35 25 / 400 Ekonomiese Vryheidsvegters  25
2019 1 881 521 10,79 44 / 400 Ekonomiese Vryheidsvegters  19
Nasionale Raad van Provinsies
Verkiesing # van
algehele setels gewen
+/–
2014 7 / 90 Ekonomiese Vryheidsvegters  7
2019 11 / 90 Ekonomiese Vryheidsvegters  4

Provinsiale verkiesings

Verkiesing Oos-Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord-Kaap Wes-Kaap
% Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels
2014 3,48% 2/63 8,15% 2/30 10,30% 8/73 1,85% 2/80 10,74% 6/49 6,26% 2/30 13,21% 5/33 4,96% 2/30 2,11% 1/42
2019 7,84% 5/63 12,58% 4/30 14,69% 11/73 9,71% 8/80 14,43% 7/49 12,79% 4/30 18,64% 6/33 9,71% 3/30 4,04% 2/42

Munisipale verkiesings

Verkiesing Stemme %
2016 3 202 679 8,31

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ekonomiese Vryheidsvegters VerkiesingsresultateEkonomiese Vryheidsvegters Sien ookEkonomiese Vryheidsvegters VerwysingsEkonomiese Vryheidsvegters Eksterne skakelsEkonomiese VryheidsvegtersEngelsJulius MalemaPolitieke partySuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

XenofobieBevolkingOlimpiese SomerspeleOmgewingsbeheerSharpeville-slagtingHeidelberg, GautengPlastiekGoudSkoenlapperPseudowetenskapNazi-DuitslandBokmakierieSinoniemC. Louis LeipoldtWhatsAppLys van chemiese elemente volgens atoomgetalRieldansHannes van WykAspoestertjieVeeartsMagneetOorstromingBesoedelingTolla van der MerweInfeksiePropagandaRooikatEjakulasieGeldIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieOrrelKrokodilNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLandbouGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBruto binnelandse produkHartaanvalHemelvaartLionel MessiKlereRobbeneilandTatoeëermerkKasteel die Goeie HoopPoes7de LaanSuurstofOutismeKaapse floraryk2001ElandréSkarlakenkoorsDiarreeSuid-Afrikaanse randInflasieMandalaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDeelstate van die Verenigde State van AmerikaNoordwesKoos du PlessisVrouTuberkuloseSlaginstrumentGeografie van Suid-AfrikaMiskruierKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMaatskappyMisdaadromanCristiano RonaldoGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSonnestelselOseaanE-posMensKaapstadSwartbewussynsbewegingChristiane Jaccottet🡆 More