Ramadan: Heilige maand van vas vir Moslems, negende maand van die Islamitiese kalender

Ramadan of Ramadaan, ook Ramazan, Ramzan of Ramathan (Arabies: رمضان, Ramaḍān, ) is die negende maand van die Islamitiese kalender.

Dit word deur Moslems beskou as 'n heilige maand van vas om die eerste openbaring van die Koran te herdenk. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.

Ramadan: Datums, Sien ook, Verwysings
Die sekelmaan kondig die begin van Ramadan aan
Ramadan: Datums, Sien ook, Verwysings
Tradisionele Bayram-groet van die Metropolitaanse Munisipaliteit van Istanboel in die vorm van mahya-ligte tussen die minarette van die Sultan Ahmet-moskee in Istanboel
Ramadan: Datums, Sien ook, Verwysings
Iftar tydens Ramadan in die Nuwe Moskee in Istanboel
Ramadan: Datums, Sien ook, Verwysings
Mans bid by die Blou Moskee in Mazar-e Sharif, Afghanistan

Hierdie jaarlikse viering word beskou as een van die Vyf Pilare van die Islam. Die maand is 29 of 30 dae lank. Volgens talle biografiese aantekeninge in die hadit word die duur van die maand deur die visuele waarnemings van die hilal (sekelmaan) bepaal. Van sonop na sononder mag Moslems nie eet, drink, rook of seks hê nie. Elke dag se vas word met die Iftar aan die aand beëindig. Die einde van die vas van Ramadan word met die vakansiedag Eid-oel-Fiter gevier.

Datums

Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie maand volgens die Gregoriaanse kalender.

Gregoriaanse kalender Islamitiese kalender Begin van Ramadan (berekening) Laaste vasdag (berekening)
2015 1436 18 Junie 16 Julie
2016 1437 6 Junie 5 Julie
2017 1438 27 Mei 24 Junie
2018 1439 16 Mei 14 Junie
2019 1440 6 Mei 3 Junie
2020 1441 24 April 23 Mei
2021 1442 13 April 13 Mei
2022 1443 2 April 2 Mei
2023 1444 23 Maart 21 April
2024 1445 11 Maart 10 April
2025 1446 1 Maart 30 Maart
Ramadan se datums tussen 2015 en 2025. Die tabel toon die berekende datums. Die werklike begin en einde van Ramadan mag sowat een of twee dae wissel.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ramadan DatumsRamadan Sien ookRamadan VerwysingsRamadan Eksterne skakelsRamadanArabiesIslamitiese kalenderKoranLailat al-'Kadr

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NatuurbewaringPussy RiotProstaatkankerGreta ThunbergBolandse aardbewing van 1969SwaziPriemgetalWatersuiweringMonumentBorskankerAngolese BurgeroorlogMangelontstekingKasteel die Goeie HoopJuraRivierNatuurrampBreinvliesontstekingLewerKolitisDroogteVerkragtingVerenigde KoninkrykCremonaOopbroninhoudWoestynKangogrotteEben EtzebethDroomSirkelHartversakingKoos BekkerDiskriminasieHeks van HexrivierZack du PlessisWaterbesparing in Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneJavaScriptBestaansboerderyDigvormLetsiteleKorrupsieGloeilampRugbyVolksrepubliek ChinaVersamelnaamBuffelLongEnkelvoudige sinWeervoorspellingEendbekdierBraaiPoesViëtnamoorlogPersLeestekenEkonomiese sektorSteenkoolMonopolyKomplementêre kleureKamoefleringCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSuiwelprodukOogproblemeAfrikaanse woordelys en spelreëlsNelson MandelaTsoenamiHaasBipolêre gemoedsteuringGroepsgebiedewetKontinentOrtopedieMobutu Sese SekoGeskiedenis van die Verenigde State van Amerika🡆 More