Lys van Islamitiese feeste en herdenkings

Hierdie is 'n lys van Islamitiese feeste en herdenkings volgens die Islamitiese kalender. Hulle is gerangskik volgens die feeste en herdenkings in die jaarkring en herdenk hoofsaaklik die lewe van die Islamitiese profeet Mohammed en die Koran. Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam. Die tradisies van die feeste en herdenkings verskil effens, afhangend van die kultuur van die lande waar Moslems bly. 'n Ander verskil in feesviering bestaan tussen die Islamitiese rigtings Soenni, Sjia en Soefisme. Daarbenewens vier Soenniete en Sjiiete feeste en herdenkings nie op dieselfde dag nie, omdat die Islamitiese kalender tussen dié twee geloofsoortuigings effens verskil.

Feeste en herdenkings in die jaarkring

NaamArabiesVertalingDatum
Nuwejaarرأس السنة الهجريةNuwejaar1 Muharram
Asjoera‏عاشوراءTiende10 Muharram
Arba'eenالأربعينVeertigste20 Safar
Eid-e-Sjoeja (Eid-e-Zahra)فرحة الزهراءVreugde van Zahra9 Rabi'-oel-Awwal
Mawlid an-Nabiمَولِد النَّبِيGeboortedag van die profeet12 (Soenniete) of 17 (Sjiiete) Rabi'-oel-Awwal
Geboortedag van Aliمَولِد النَّبِيGeboortedag van die profeet13 Rajab
Laylat al-Mi'rajالإسراء والمعراجNagreis van Isra en Mi'raj27 Rajab
Laylat al-Bara'atليلة البراءةNag van onskuld15 Sja‘bān
Geboortedag van Mohammed al-Mahdiمُـحَـمَّـد ابْـن ٱلْـحَـسَـن ٱلْـمَـهْـدِيGeboortedag van Mohammed al-Mahdi15 Sja‘bān
RamadanرمضانDie warm maandDie hele maand Ramadan
Laylat al-Qadrلیلة القدرNag van die lot of nag van krag21 (Soenniete) of 27 (Sjiiete) Ramadan
Chaand Raatجاند راتNag van die maan29 of 30 Ramadan
Eid-oel-Fiterعيد الفطرSuikerfees1 Sjawwal
HadjالحجّPelgrimstog8–13 Dhu'l Hidjdja
Arafaيوم عرفة‎Dag van Arafa9 Dhu'l Hidjdja
Eid-oel-Adhaعيد الأضحىOfferfees10 Dhu'l Hidjdja
Eid-oel-Ghadeerعید الغدیر‎Inhuldigingsfees18 Dhu'l Hidjdja
Eid-oel-Mubahalahعيد المباهلةGelukkige fees24 Dhu'l Hidjdja

Kulturele feesdag

Die Nuwejaar is in Islam 'n kulturele herdenking, waarop Moslems die eerste dag van die maand Muharram vier.

Ander feesdae

  • Vrydaggebed (صلاة الجمعة, Gebed op die dag van byeenkoms)

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.