Die Indiese Oseaan is die derde grootste watermassa in die wêreld en bevat ongeveer 20% van die aarde se totale water.
Dit word in die noorde begrens deur Suid-Asië (die Indiese subkontinent); aan die weste deur die Arabiese Skiereiland en Afrika; aan die ooste deur die Maleise Skiereiland, die Soenda-eilande, en Australië; en aan die suide deur die Suidelike Oseaan. Dit word van die Atlantiese Oseaan geskei deur die 20° oosterlengtelyn wat strek vanaf Kaap Agulhas, en deur die Stille Oseaan deur die 147° oosterlengtelyn.
Die Aarde se vyf Oseane |
Die noordegrens van die Indiese Oseaan is by ongeveer 30° Noord in die Persiese Golf. Die oseaan is amper 10 000 km (6 200 myl) breed by die suidepunte van Afrika en Australië; met 'n oppervlakte van 73 556 000 km² (28 400 000 vk. myl), insluitende die Rooisee en die Persiese Golf.
Die oseaan se volume word geskat op 292 131 000 km³ (70 086 000 kubieke myl). Klein eilande is verspreid geleë op die kontinentale rande. Eilandnasies in hierdie oseaan is Madagaskar, die wêreld se vierde grootste eiland; die Comore-eilande; Maledive; Mauritius; Seychelle en Sri Lanka. Indonesië grens aan die oseaan.
Marginale seë, golwe, baaie en seestrate van die Indiese Oseaan sluit in:
|
|
|
Die lande (gebiede in kursief) met 'n kuslyn aan die Indiese Oseaan (insluitende die Rooisee en die Persiese Golf) is:
|
|
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Indiese Oseaan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.