Bab-El-Mandeb

Die Bab-el-Mandeb (Arabies: باب المندب; letterlik: Poort van Trane) is 'n seestraat tussen Jemen op die Arabiese Skiereiland en Djiboeti asook Eritrea aan die Horing van Afrika.

Bab-el-Mandeb
Bab-El-Mandeb
Nasa-Satellietbeeld van die Bab-el-Mandeb
Bab-El-Mandeb
Ligging van die Bab-el-Mandeb
Koördinate:12°35′N 43°20′O / 12.583°N 43.333°O / 12.583; 43.333 43°20′O / 12.583°N 43.333°O / 12.583; 43.333
Ligging:Djiboeti, Eritrea, Jemen
Soort:Seestraat van die Indiese Oseaan
Gemiddelde diepte:186 meter (609 voet)
Lengte:130 km (80 myl)
Breedte:40 km (25 myl)
Invloei:Rooisee
Uitvloei:Golf van Aden
Eiland/e:Sawabi-eilande, Doumeira, Perim

Dit verbind die Rooisee met die Golf van Aden. Die Bab-el-Mandeb vorm sedert die opening van die Suezkanaal in 1869 'n belangrike roete tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan en dus tussen Europa en Asië.

Bab-El-Mandeb
Kaart van die Bab-el-Mandeb

Die Bab-el-Mandeb vorm die nouste punt tussen Wes-Asië en Oos-Afrika en word deur die eiland Perim in twee waterweë verdeel. Naby Djiboeti se kus is die onbewoonde Sawabi-eilande geleë. Daar is talle Koraalriwwe in dié seestraat.

'n Maatskappy in besit van Tarek bin Laden, Osama bin Laden se halfbroer, beplan die bou van 'n brug oor die Bab-el-Mandeb, om die streek se ekonomie te bevorder en Oos-Afrikaanse Moslems tydens die hadj 'n beter toegang tot die Islam se heilige plekke in Mekka en Medina te gee. Maar daar word ook vermoed dat vlugtelinge uit Somalië hierdie roete ná Europa sal neem en Al-Kaïda asook die Islamitiese Staat se terroriste Oos-Afrika makliker kan bereik.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansBab-El-Mandeb  Wiki Commons het meer media in die kategorie Bab-el-Mandeb.
  • (en) "Bab el-Mandeb Strait". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 April 2021.

Tags:

ArabiesArabiese SkiereilandAsiëDjiboetiEritreaEuropaGolf van AdenHoring van AfrikaIndiese OseaanJemenMiddellandse SeeRooiseeSeestraatSuezkanaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SimboolAtmosfeerFacebookDieregeluideBlourokkeImmunologieBeesSomerJode in Suid-AfrikaSwart nasionalismeKlimaatsverandering in AfrikaAfvalbestuurVigsEnsiklopedieFabelJaarVolhoubaarheidAdolf HitlerHartRenteKunsmatige algemene intelligensieProvinsies van Suid-AfrikaJeanette FerreiraKaapstadSwaweldioksiedVerantwoordelikheidOorkruipersBiodiversiteitBloedsomloopstelselSwaelKasterolieDriedimensioneelChristendomBTWHeupAfrikanerweerstandsbewegingGeelhoutImpakte van toerismeJohannesburgGroepsdrukCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaDiskriminasieGasAfrikanersWaarheid-en-versoeningskommissiePornografiese subgenresLys van Suid-Afrikaanse musikanteDiepaartromboseGrondwet van Suid-AfrikaTydSlag van BloedrivierTweede WêreldoorlogKarooOu Apostoliese KerkYouTubeHamburgerDokterWêreld- Ekonomiese ForumBeaufortskaalAtletiekLiewe HeksieDemi Lee MooreSosiale mediaKonsonantKoolhidraatSkisofrenieGroot GatVerenigde State van AmerikaAnrich HerbstWetenskaplike klassifikasieGrondHeupvervangingVaginale kankerLetterkunde🡆 More