Soenda-Eilande

Die Soenda-eilande (Indonesies en Maleis: Kepulauan Sunda) is 'n argipel in Suidoos-Asië wat vanaf die Maleise Skiereiland in die noordweste tot Nieu-Guinee in die ooste en Taiwan in die noorde tot die kontinent Australië in die suidooste langs die ewenaar streek.

Die argipel bestaan uit vier groot en duisende kleiner eilande en word deur 'n tropiese klimaat gekenmerk. Saam met die Filippynse eilande en die Molukke vorm die Soenda-eilande die Maleise argipel. Die grootste van die Soenda-eilande is Borneo met 'n oppervlakte van 743 330 km², terwyl Java met 'n bevolking van sowat 145 miljoen die mees bevolkte is. Java word ook as belangrikste van die vier Soenda-eilande beskou, aangesien hier die Indonesiese hoofstad Djakarta en ander groot stede lê.

Soenda-eilande
Inheemse naam: Kepulauan Sunda
Ligging van die Soenda-eilande
Ligging van die Soenda-eilande
Geografie

Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 2°00′S 110°00′O / 2.000°S 110.000°O / -2.000; 110.000 110°00′O / 2.000°S 110.000°O / -2.000; 110.000
Argipel Maleise argipel

Hoofeilande Borneo, Java, Soelawesi, Soematra
Oppervlakte 1 536 286 vk km
Hoogste punt Berg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei

Hoofstad Bandar Seri Begawan
Grootste stad Bandar Seri Begawan (50 000)

Vlag van Indonesië Indonesië
Hoofstad Djakarta
Grootste stad Djakarta (9 607 787)

Vlag van Maleisië Maleisië
Hoofstad Kuala Lumpur
grootste stad Kuala Lumpur (1 768 000)

Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Hoofstad Dili
grootste stad Dili (222 323)

Vlag van Singapoer Singapoer
Hoofstad Singapoer
grootste stad Singapoer (5 607 300)

Demografie
Bevolking 252 miljoen

Bevolkingsgroepe Hakka, Han-Chinese, Javane, Maleiers, Soendanese, Tamils
Soenda-Eilande
Geografiese kaart van die Maleise argipel, bestaande uit die Groot Soenda-eilande (rooi), Klein-Soenda-eilande (groen), Molukke (blou) en Filippyne (magenta)

Die Soenda-eilande word begrens deur die Indiese Oseaan in die suide en weste, die Suid-Chinese See in die noorde, die Sulu- en Celebesseë in die noordooste, die Molukke- en Bandaseë in die ooste asook die Timorsee in die suidooste. Belangrike seë binne die argipel sluit in die Java-, Bali-, Flores- en Savuseë wat almal in die suide van die Soenda-eilande geleë is.

Die grootste deel van die Soenda-eilande word deur die eilandnasie Indonesië beslaan. Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland tot Indonesië behoort. Aan die suidoostelike einde van die Straat van Malakka is die stadstaat Singapoer geleë. Die oostelike deel van die klein eiland Timor word deur Oos-Timor beslaan, terwyl die westelike deel aan die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara behoort.

Op die Soenda-eilande word veral Maleis-Polinesiese tale gepraat, net op die oostelike eilande word ook Papoeastale gebesig. Islam is die belangrikste godsdiens, veral in die drie lande Broenei, Indonesië en Maleisië; Oos-Timor is 'n hoofsaaklik Rooms-Katolieke land, terwyl Singapoer oor 'n gemengde bevolking beskik. Kleiner eilande soos Bali en Lombok beskik oor 'n aansienlike bevolking van Hindoes en Boeddhiste.

Geografie

Die argipel bestaan uit die volgende eilandgroepe:

Soenda-Eilande  Groot Soenda-eilande Borneo, Java, Soelawesi, Soematra
Soenda-Eilande  Klein-Soenda-eilande onder andere Bali, Flores, Lombok, Soemba, Soembawa en Timor

Lande

Eksterne skakels

  • (en) "Sunda Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Mei 2020.

Tags:

ArgipelAustralië (kontinent)BorneoDjakartaEwenaarFilippyneIndonesiesJava (eiland)MaleisMaleise SkiereilandMaleise argipelMolukkeNieu-GuineeSuidoos-AsiëTaiwan (eiland)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeldeenheidErfenisdag (Suid-Afrika)Vincent van GoghByHeupvervangingSirkelHolocaustGesonde dieetOmtrek, oppervlakte en volumeKwitansieRasionale getalLys van hoofstedeSlag van MajubaVerbruikerPenisEgipteGasa-Israel-konflik van Oktober 2023MierEl NiñoOraniaAksynsbelastingRassismeNierversakingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSenuweestelselHumansdorpLionel MessiDagbreek (koshuis)KolonoskopieHondKrugerwildtuinOudtshoornIndustriële RevolusieGholfBysteekAalwynAfrikaanse taalleerHorlosiePandora (mitologie)Narsistiese persoonlikheidsteuringNasionale lied van Suid-AfrikaWiki CommonsMalariaSonvisGerrie PretoriusAsiëEmosieDroomAfkappingstekenMikroörganismeGewone breukeAfleiding (taalkunde)SeksualiteitVirtuele wêreldNieregeringsorganisasieSprokieAnorexia nervosaWiskundige terminologieKorrupsieOrale seksWurmSebraKatBeesDoelwitKonflik (proses)Assimilasie (taalkunde)Lily CarterChirurgieDokterWes-KaapLys van Griekse mitologiese figureNkosi Sikelel' iAfrikaVoegwoordTatoeëermerkVir die voëls🡆 More