Suidoos-Asië
Oppervlak | 4 493 944 km² |
---|---|
Bevolking | 641 775 797 (2016) |
Lande | 11 |
Tale | Austro-Asiaties, Austronesies, Sino-Tibettaans, Tai-Kadai en baie ander |
Tydsones | UTC+06:30 (Mianmar) tot UTC+09:00 (Oos-Indonesië) |
Hoofstede | Bandar Seri Begawan Bangkok Dili Djakarta Hanoi Kuala Lumpur Manila Naypyidaw Phnom Penh Singapoer Vientiane |
Suidoos-Asië is 'n geografiese gebied in die suidooste van Asië tussen die Indiese Oseaan in die suidweste en die Stille Oseaan in die noordooste. Dit is in die suide van China, in die ooste van Indië, in die weste van Nieu-Guinee en in die noorde van Australië geleë. Suidoos-Asië bestaan uit die vasteland van Indo-China, Thailand en Mianmar, die Maleise Skiereiland en die Maleise argipel (bestaande uit die eilande van die Filippyne, die Molukke en die Soenda-eilande). Met 'n landoppervlak van ongeveer 4,5 miljoen km² strek die gebied oor 35 lengte- en 50 breedtegrade. Behalwe vir Oos-Timor is al die lande lede van die ASEAN.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suidoos-Asië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.