Westdenedam-Ramp

Die Westdenedam-ramp is 'n busongeluk wat op 27 Maart 1985 in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind het.

Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink, aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.

Ongeluk

Op 27 Maart 1985 omstreeks 13:30 het die bus wat die skoliere huis toe vervoer het, deur die damversperring gebars en in die dam ingery. Enkele oomblikke later het omstanders, onderwysers en medeskoliere soveel moontlik leerders probeer red totdat die nooddienste opgedaag het. Die oorlewende kinders is almal na die JG Strydom-hospitaal (nou die Helen Joseph-hospitaal) geneem vir behandeling.

Ondersoek

Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die bestuurder, Willem Horne, kon nie onthou wat gebeur het nie aangesien hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor het. Die ondersoek het getoon dat geen misdaad vermoed word nie en dat die bestuurder nie onder die invloed of nalatig was nie en is gevolglik vrygespreek.

Sterftes

Die volgende kinders het hul lewe in die ramp verloor:

  • Blignaut, Anna
  • Botha, Anne-Lize
  • Botha, Henrietta
  • Bruin, Caroline
  • Coetzee, Denise
  • Dreyer, Hendrik
  • Du Plooy, Linda
  • Du Plooy, Reinette
  • Du Toit, Francois
  • Els, Jacobus
  • Erasmus, Karen
  • Fritz, Francina
  • Horing, Adriana
  • Hurwitz, Jacqueline
  • Jacobs, Anel
  • Jooste, Lelanie
  • Kleinhans, Adre
  • Koen, Petrus
  • Kruger, Clasina
  • Kruger, Maria
  • Lira, Riaan

  • Ludick, Madeleine
  • Mans, Cornelius
  • Marshall, Elmarie
  • Marx, Conrad
  • McLaughlin, Belinda
  • Meyer, Catharina
  • Myl, Mary-Ann
  • Morris, Anna
  • Ouwenkamp, Albertus
  • Pieters, Tanya
  • Pretorius, Connie
  • Pretorius, Elizabeth
  • Rautenbach, Thelma
  • Reynders, Hester
  • Strydom, Charl
  • Swanepoel, Vinette
  • Swart, Andries
  • Van der Westhuizen, Petrus
  • Van Heerden, Elsa
  • Van Tonder, Anna
  • Venter, Deon

*Die Du Plooy-familie het hul twee dogters in die ramp verloor: Reinette en Linda. Pieter Koen het 5 medeskoliere gered, maar het self verdrink terwyl hy besig was om 'n sesde slagoffer te help. Vyf-en-dertig kinders is in die Westparkbegraafplaas begrawe.

Toekennings vir dapperheid

Pieter Koen en Danie Theron is albei die Woltemadedekorasie vir Dapperheid-Silver toegeken vir hulle optrede tydens die ramp. Danie Theron het in 1989, vier jaar na die ongeluk, sy eie lewe geneem.

Verwysings

Eksterne skakels

27°59′28″O / 26.17917°S 27.99111°O / -26.17917; 27.99111

Tags:

Westdenedam-Ramp OngelukWestdenedam-Ramp OndersoekWestdenedam-Ramp SterftesWestdenedam-Ramp Toekennings vir dapperheidWestdenedam-Ramp VerwysingsWestdenedam-Ramp Eksterne skakelsWestdenedam-Ramp198527 MaartBusDamHoërskool VorentoeJohannesburgSuid-AfrikaWestdene

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FacebookWitbloedselKimberleyAtlantis, Wes-KaapWerkersdagSlag van Cuito CuanavaleLugbesoedelingSeksueel oordraagbare infeksieBevolkingsafnameMosesKewerDuitslandLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVerlede tydSportGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaPlae van EgipteLionel MessiSkaapIslamitiese StaatWaterpokkiesKasteel die Goeie HoopResensieBloemfonteinIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieKoppeltekenLys van Nederlandse skildersGamelanBeesWet op Verbod van Gemengde HuwelikeSpreeuSarel Jacob PretoriusKwaZulu-NatalLettergreepDermpoliepNamibiëBosluisAardedagLys van elemente volgens simboolKeramiekSuiwelprodukLys van Afrikaanse rolprenteKameelperdSwart menseAfrikaanse taalleerNazi-DuitslandNelson MandelaCovid-19-pandemieSwawelLys van myne in Suid-AfrikaHibernasieLetterkundeVolstruisMynbouRenosterGesonde dieetVisSikloonTeam Fortress 2Demografie van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontKolitisGriepAfrikaansKasterolie23 AprilWaterkringloopNiemetaalAfleiding (taalkunde)SinoniemKwame NkrumahNuwe TestamentRumatoïede artritisMark (ekonomie)SoutsuurJudaïsmeDrakensberge🡆 More