Jannie Du Toit: Afrikaanse sanger

Jannie du Toit (gebore Johannes Hendrik du Toit, 13 Desember 1951 in Heidelberg) is 'n Afrikaanse sanger wat hom sedert 1971 besig hou met Afrikaanse musiek.

Na Jannie se mening het die ligte Afrikaanse liedjies wat tot en met begin van die sewentigerjare gehoor kon word, nie aan Afrikaanse musiek reg laat geskied nie. Hy het dit gevolglik van sy universiteitsdae af as 'n uitdaging beskou om Afrikaanse musiek in verskillende genres te ontwikkel, deur aanwending van 'n goeie balans tussen die musiek en liriek.

Jannie du Toit
Jannie Du Toit: Afrikaanse sanger
Agtergrondinligting
GeboortenaamJohannes Hendrik du Toit
Gebore13 Desember 1951 (1951-12-13) (72 jaar oud)
Heidelberg, Gauteng
GenresKabaret, kleinkuns
Beroep(e)Sanger
Jare aktief~1971 – nou
EtiketteMeesal in MS/SAMRO
Webwerf[1]

Hy was lid van die sanggroep TRILOGIE van 1972 tot 1977 en begin met 'n sololoopbaan in 1979. Na voltooiing van sy leerklerkskap in die regsberoep word hy in 1981 deur prof. Chris Lamprecht by die Universiteit van Pretoria aangestel waar hy musiekblyspele skryf, onder andere in samewerking met prof Anna Neethling-Pohl. Hy werk van 1986 tot 2011 permanent saam met Christa Steyn. Hulle skryf saam en tree wêreldwyd in meer as twintig lande op. Van hulle bekendste verhoogproduksies is Blik en Snaar, Skadu's teen die muur, De Kleine Man en Jannie en die Tannie. Hulle laaste volledige verhoogproduksie is BREL IN BROOKLYN saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli in 2010.

Jannie skryf in die sewentigerjare sy eerste liedjies soos sy toonsetting van AG Visser se Rosa Rosarum (1972) asook sy eie Carmen optima de Stella (in Latyn), Seisoene saam met jou, Stadsgeluide, Lied van 'n Swerwer en 'n Liedjie vir jou wat die eerste keer tydens die "Musiek en Liriek"-konserte in die laat sewentigerjare gehoor is. Saam met Morg Jacobs en Andy Lubbe van Trilogie skryf hy verder Droom langs stille waters (waarmee Trilogie 'n "honorary mention prize" in die American Song Festival van 1976 gewen het), Min of Meer, Resitasie, Die wêreld is ons woning nie (toonsetting van 'n teks van Totius), Anitalief en ander liedjies wat Trilogie reeds tydens die toetsuitsendings van SATV in 1975 sing. In die tagtigs volg talle nuwe liedjies soos Drie-uur in die môre en 'n sewentigtal liedjies vir die musiekblyspele wat hy vir Tukkies geskryf het: Loeloeraai, Gansdans en RIP. Van dié liedjies het hy ook op sy solo-albums vrygestel – Troebadoer, My wens vir julle, Pantoffelregering. Saam met Christa Steyn skryf hy Vlieg Hoog, Afdraaipad, Ensemblespel, Die Liefde, Vra Maar, Die Vrou, Nogtans sal ek juig en vele meer. Jannie skryf ook nog tientalle liedjies soos Vrede Vanaand, Ons Twee, Volgende Winter, Leeuspruit. Verder word hy bekend vir videos van Madeleine (Jacques Brel), Gee ons Vrede, Die eggo van jou oë en Christa Steyn se verwerking van Pie Jesu saam met Coenie de Villiers en Chris Chameleon.

In 2011 vier hy 40 jaar van Afrikaanse musiek en sedert Christa Steyn se afsterwe in 2012 – na 'n jaarlange stryd teen kanker – werk hy veral saam met Susan Mouton (tjello), Clinton Zerf (verwerker), Coenraad Rall en Chanie Jonker (klavier), Theuns Botha (tromme), Lochner de Kock (in kookprogramme) en Thean Kotzé in die produksie Kiekies – Lucas se Liedjies.

In 2013 bied hy 'n verhoogprogram getitel Grys Areas saam met Renette Bouwer aan en neem ook Gisela de Villiers se lied Die Eggo van jou Oë saam met Gisela op. Daarna volg die verhoogproduksies Cordon Broers se Kossêrt saam met Lochner de Kock (2012), Doep is nie dood nie (2014), Grenzeloos Nederlands (2015), Bonjour Monsieur Brel (2016), Kiekies – Lucas se Liedjies (2016), Oesjaar (2018) en Die Eggo van jou oë wat gedebuteer het by Woordfees 2019.

Diskografie

  • Die maan deur 'n gaatjie in die nag - 2020 JNS MUSIEK Die liedjies van Marie en Nic Tredoux
  • Oesjaar 2018 – 2018 JNS MUSIEK Nuwe komposisies van dié jaar uit Jannie se pen en kitaar.
  • Kiekies – Lucas se Liedjies: saam met sanger/kitaarspeler Thean Kotzé – 2016 VONK MUSIEK
  • Jannie du Toit chante/sing/zingt/sings Brel – 2016 JNS MUSIEK
  • Die eggo van jou oë: 25 van sy mooiste opnames. 2015 JNS MUSIEK
  • Grenzeloos Nederlands saam met pianis Bert van den Brink – musiek van Jules de Corte 2014, JNS MUSIEK
  • Doep is nie dood nie: lewendige DVD opname van die verhoogproduksie met Susan Mouton en Coenraad Rall 2014 JNS MUSIEK
  • Doep is nie dood nie, Musiek van Koos du Plessis uit die gelyknamige verhoogproduksie 2014, JNS MUSIEK
  • Ligjare, 2013, Opgedra aan Christa Steyn, Verwerkings deur Clinton Zerf, met onder andere Renette Bouwer, JNS MUSIEK
  • Boerneef sing, Musiek van Ansie Loots saam met Tinarie van Wyk-Loots en Gerrit Loots, 2013 JNS MUSIEK
  • Onderweg-Konsert: lewendige DVD-opname van die verhoogproduksie met Susan Mouton en Clinton Zerf, 2012 JNS MUSIEK
  • Onderweg – 40 jaar met Afrikaanse Musiek,, 2 CD's en 'n DVD, 2011 JNS MUSIEK
  • Hartsnaar, Met Christa en Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies CD, 2008 JNS MUSIEK
  • Houtkruis klankbaan van verhoogproduksie met ander kunstenaars, 2007 ODYSSEY
  • Diepverlange, Met verwerkings deur Christa Steyn 2007, CD KOSMOS/JNS MUSIEK
  • Jannie en die Tannie – met Christa Steyn –"Twee kunstenaars – 20 Jaar" DVD, 2006, JNS MUSIEK
  • Nagkantoor – klankbaan van verhoogproduksie met ander kunstenaars, 2004, MMJ01
  • My Treffers, 2004, EMI
  • Die beste van Jannie du Toit .. so ver, 2003, EMI
  • Leeuspruit, 2002, JNS MUSIEK
  • De Kleine Man Spoorloos, 2002 JNS MUSIEK
  • Die Bybel Op Note, 2001, BRETTIAN
  • Geloof, Hoop en Liefde, 1999, BRETTIAN/JNS MUSIEK
  • Volgende Winter, 1996, JNS MUSIEK
  • De Kleine Man, 1994, JNS MUSIEK
  • Liedjies van vroeër (Vaarwel aan viniel), 1992, JNS MUSIEK
  • Skadu's – die musiek van Koos du Plessis saam met Christa Steyn en Marié du Toit – klankbaan, 1992, JNS MUSIEK
  • Palet, 1990, Langspeelplaat, kasset en CD, JNS MUSIEK/EMI
  • Drie-Uur In Die Môre, 1987, Langspeelplaat en kasset, later ook op CD, JNS MUSIEK
  • Gansdans, Uittreksels uit sy musiekblyspel 1985, TUKS/SAMRO
  • Loeloeraai, Uittreksels uit sy musiekblyspel saam met prof Anna Neethling-Pohl gebaseer op die werk van CJ Langenhoven. 1983, TUKS/SAMRO
  • ‘n Liedjie vir jou, 1981, Langspeelplaat en kasset later ook op CD, JNS MUSIEK
  • 'n Liedjie vir jou, 1980, Solus sewe, 1980, Gallo
  • Droom langs stille waters/Seisoene saam met jou, Solus sewe saam met TRILOGIE, 1976, EMI
  • Anitalief/Maanligaand Solus sewe met TRILOGIE, 1975, Gallo

Verwysings

Kyk ook

Eksterne skakels

Tags:

13 Desember1951AfrikaansHeidelberg, Gauteng

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geotermiese energieGewone wildevyKarlien van JaarsveldVerassingElizma TheronRatelHoofpynAngkor WatLiefdeKwikstertjieLida BothaSeksueel oordraagbare infeksiePsigopatieNantesKankerKoos KombuisGeorge BallotGé KorstenGeldBipolêre gemoedsteuringIrma SternAfrikaanse WikipediaSuid-AfrikaInfeksieBybelWoordAgter Elke ManPerdebyeWerkwoordReierPieter PieterseLeah van NiekerkHokkieSosialismeAnneli van RooyenSeeWillie JoubertSimon PetrusPG du PlessisKonkaMiddeloorontstekingGlobaliseringNarsistiese persoonlikheidsteuringBloukraanvoëlVerbondsarkSkaapMasturbasieNoord-KaapSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SeksualiteitReënspinnekopGriepSeksuele opwekkingEkonomieLuiperdJohannes BrahmsDie BylMaselsSeekoeiSesnasies-toernooiWayde van NiekerkFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002IndiëRocco SiffrediPynstillerYouTubeGemeenskapPlagiaatGeskiedenis van die BoererepubliekeApostelTsammaTierboskatVrou Soek BoerOogproblemeMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaEkonomiese sektor🡆 More