Soendanees

Soendanees (ᮘᮞ ᮞᮥᮔ᮪ᮓ, Basa Sunda; letterlik: taal van Soenda) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië in die westelike derde van die eiland Java van Indonesië gepraat word.

    Hierdie artikel handel oor die taal in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep, sien Soendanese.

Die taal word tans deur sowat 34 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Soendanese, omtrent 15% van Indonesië se totale bevolking, en is daarmee na Indonesies/Maleis en Javaans die derde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

Soendanees
ᮘᮞ ᮞᮥᮔ᮪ᮓ, Basa Sunda
Gepraat in: Vlag van Indonesië Indonesië 
Gebied: Suidoos-Asië
Totale sprekers: 34 miljoen
Taalfamilie: Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Soenda-Sulawesi
    Soendanees 
Skrifstelsel: Javaanse skrif (histories)
Latyns (tans)
Pranagari (histories)
Pegon (godsdienstige gebruik)
Soendanees (tans)
Vatteluttu (histories)
Taalkodes
ISO 639-1: su
ISO 639-2: sun
ISO 639-3: sun
Soendanees
Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
Soendanees
Aksara Sunda (Soendanese skrif)

Soendanees is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau en Palauaans. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Soendanees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Soendanees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Vroeër is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Dit is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Verwysings

Eksterne skakels

Soendanees 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Soendanees

Tags:

Amptelike taalIndonesiesIndonesiëJava (eiland)JavaansMaleisMaleis-Polinesiese taleSoendaneseSuidoos-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProteïenRassismeEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaRenaissanceChemiese elementLongontstekingPersoonlike voornaamwoordWiskundige terminologieKolonialismeVisThomas EdisonSpinnekopIntensiewe vormTrappe van vergelykingHerpes simplexFrankrykTelwoordRobbeneilandNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyRugbySwartbewussynsbewegingNatriumtiosulfaatOrgasmeKitaarVulvaSuiwelprodukSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994JagluiperdAfkortingWes-KaapWaterpokkiesLiefdeKommaGasOntdekking van die chemiese elementeLionel PetersonVerkragtingBreinvliesontstekingGalileo GalileiHeidelberg, GautengBalletAanhalingstekensDiskriminasieGeskiedenis (vakgebied)Duitse maselsJohan VorsterNeo-NazismeGloeilampAborsie in Suid-AfrikaSteve BikoRenteMaatskaplike verantwoordelikheidEendbekdierInleiding tot die genetikaMaatskappySiya KolisiHamburgerAkademiaVolhoubare ontwikkelingVoorvoegselAfleiding (taalkunde)Katherine JohnsonKlimaatveranderingProteaTrigeminale neuralgieCradock-4Groot vyfBreedtegraadIngrid JonkerAfro-AmerikanersMag (sosiale wetenskappe)NieuwoudtvilleArmoedeVulkaanPeriodieke tabelVoyeurisme🡆 More