Balinees (ᬪᬵᬱᬩᬮᬶ, ᬩᬲᬩᬮᬶ, Basa Bali, Bhāṣā Bali; letterlik: taal van Bali) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Bali (vandaar die naam) en omliggende eilande soos Nusa Penida, Lombok en Java van Indonesië gepraat word.
Die taal word tans deur sowat 3,95 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Balinese.
Balinees ᬪᬵᬱᬩᬮᬶ, ᬩᬲᬩᬮᬶ Basa Bali, Bhāṣā Bali | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indonesië | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 3,95 miljoen | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Maleis-Soembawa Bali-Sasak Balinees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (algemeen) Balinese skrif (opsioneel) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ban | |
ISO 639-3: | ban | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Balinees is verwant aan Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Balinees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Balinees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse alfabet of die Balinese skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, geskryf. Laasgenoemde is verwant aan die Javaanse skrif van die Javaanse taal.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Balinees, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.