Javaans

Javaans (ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå, ; algemeen bekend as ꦕꦫꦗꦮ, cara jawa, ; letterlik: taal van Java) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eilande Java (vandaar die naam) en Bali van Indonesië, asook deur Javaanse emigrante in Oos-Timor, Maleisië, Singapoer, Republiek China, Hongkong, Australië, Nieu-Kaledonië, Nederland, Suriname en die Verenigde State van Amerika gepraat word.

    Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Javane.

Javaans is 'n baie ou taal – die oudste geskrewe Javaans dateer van 25 Maart 804. Die taal word tans deur sowat 84 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Javane, omtrent 42% van Indonesië se totale bevolking en is die grootste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

Javaans
ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå 
Uitspraak: [bɔsɔ dʒɔwɔ]
Gepraat in: Vlag van Indonesië Indonesië 
Gebied: Suidoos-Asië
Totale sprekers: 84 miljoen
Taalfamilie: Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Soenda-Sulawesi
    Javaans 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (algemeen)
Javaanse skrif (opsioneel)
Pegon-alfabet (godsdienstige gebruik)
Taalkodes
ISO 639-1: jv
ISO 639-2: jav
ISO 639-3: jav 
Verspreiding van Javaans
Javaans
Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
Javaans
Die woord basa ("taal") in Javaanse skrif

Javaans is verwant aan Balinees, Boeginees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Javaans word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Javaans uitgeoefen het. Dit word met die Latynse alfabet of die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, geskryf. Laasgenoemde is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Javaans was eens saam met Boeginees en Maleis een van die tale van die Kaapse Maleiers in Suid-Afrika, toe hulle na die stigting van Kaapstad deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring is, maar dit is eers deur Nederlands vervang en het later tot Afrikaans ontwikkel.

Javaans word ook in Suriname gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Javaans 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Javaans

Tags:

Amptelike taalAustraliëBaliHongkongIndonesiëJava (eiland)JavaneMaleis-Polinesiese taleMaleisiëNederlandNieu-KaledoniëOos-TimorRepubliek ChinaSingapoerSuidoos-AsiëSurinameVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DriedimensioneelInstagramBlonde stereotipeZenobia KockVakbondLys van bekende Suid-AfrikanersAlkoholismeMonumentFranse RewolusieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePieter PietersePrimêre sektor van die ekonomieArmoedeIndonesiëGevolge van aardverwarming op oseaneElon MuskSuider-AfrikaDistrik SesCorioliskragJacobus Hendrik PierneefJan-Willem BreureJan van RiebeeckSpierMenslike skeletVolstruisStereotipeIndustriële RevolusieOranjerivierSeekatStadOnbemande vliegtuigWiskundeVigsVoegwoordMasturbasieAardkorsProteaRob HersovLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolKriekKrieketAarde se atmosfeerMetaalWeer (meteorologie)Kaapse florarykAngina pectorisTransatlantiese slawehandelJagluiperdKarlien van JaarsveldGemeenskapNicole StraussDemokratiese Republiek die KongoHerfsAfrikanersDrakensbergeHormoonsiekteVitamienKorrupsieDiskriminasieSkarlakenkoorsKoringSuurstofSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989MaanGroot vyfOnderwerp (taalkunde)LenteKlimaatKalsiumByvoeglike naamwoordAnneli van RooyenHeuningbyHaasBestuiwingViëtnamoorlogVaginale kanker🡆 More