Minangkabau

Minangkabau (Baso Minangkabau, باسو مينڠكاباو; letterlik: taal van Minangkabau) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sumatra van Indonesië asook deur Minangkabau-emigrante in Maleisië gepraat word.

Die taal word tans deur sowat 5,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Minangkabau, en is daarmee na Indonesies/Maleis, Javaans, Soendanees en Madoerees die vyfde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

Minangkabau
Baso Minangkabau, باسو مينڠكاباو
Gepraat in: Vlag van Indonesië Indonesië
Vlag van Maleisië Maleisië 
Gebied: Suidoos-Asië
Totale sprekers: 5,5 miljoen
Taalfamilie: Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Maleis-Soembawa
    Maleis
     Malay
      Minangkabau 
Skrifstelsel: Javaanse skrif (histories)
Latyns en Arabies (tans) 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur: Badan Pengembangan dan Pembinaan Bahasa
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: min
ISO 639-3: min 
Verspreiding van Minangkabau
Minangkabau
Minangkabau in Arabiese skrif op 'n koninklike Minangkabau-seël van die 19de eeu

Minangkabau is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Minangkabau word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Minangkabau uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Vroeër is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Dit is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Minangkabau 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Minangkabau

Tags:

Amptelike taalIndonesiesIndonesiëJavaansMadoereesMaleisMaleis-Polinesiese taleMaleisiëSoendaneesSuidoos-AsiëSumatra

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WiskundeSosiale ordeLandbou in Suid-AfrikaJuan Antonio VillacañasNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAtlantis, Wes-KaapAlkoholismeVlekvrye staalPaddaJohannes MeintjesLewerVlag van Suid-AfrikaKolorektale kankerKoorsSlag van Cuito CuanavaleMIV/vigs in Suid-AfrikaJohannesburgWortelKolitisJagluiperdNierversakingMobutu Sese SekoIronieKunstenaarManie LibbokVoorvoegselGevolge van aardverwarming op oseaneReënspinnekopSelfieSeksKontinentNatuurbewaringProteïenNuwe TestamentLemoenBreinkaartSkerpioenAnrich HerbstMaagBeaufortskaalProstaatklierOopbroninhoudWes-KaapBrandmondsindroomVryheidsdagAbstraksie (rekenaarwetenskap)SuikersiekteMeningsverskil oor aardverwarmingHolocaustBevolkingsafnameKarakteriseringPesachSokkerMeervoudVis7de LaanEnsiklopedieMisdaadromanRenaissanceMantisLongPersentasieOlifantGautengPlae van EgipteGianna MichaelsCheslin KolbeWiki CommonsWerkloosheidDieregeluideNedersettingSteenkool in Suid-AfrikaChemiese verbinding🡆 More