Vientiane (uitgespreek /vjɛnˈtjɑːn/, Laosiaans: ວຽງຈັນ, Vieng Chang of Viang Chan) is die hoofstad en grootste stad van Laos.
in 2009 'n bevolking van 350 000 gehad. Die stad lê in die Vientiane-distrik (Kamphaeng Nakhon Wieng Chan). Vientiane het ongeveer 400 000 inwoners. Die stad is aan die noordoewer geleë in 'n draai van die Mekongrivier. Die naam Wieng Chan kom van Wieng (stad of plek met mure) en Chan (die Lao-vervorming van die Sanskrit-woord Chandana wat sandelhout beteken). Die Franse het die spel na Vientiane geromaniseer. Vientiane word saam met Phnom Penh in Kambodja en Saigon (Ho Chi Minh-stad) in Vietnam beskou as die drie klassieke Franse indochinese stede. Dit hou verband met die klassieke koloniale Europese argitektuur.
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Laos |
Provinsie | Vientiane |
Koördinate | 17°58′N 102°36′O / 17.967°N 102.600°O |
Gestig op | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 350 000 |
- Bevolkingsdigtheid | vk/km |
- Metropolitaanse gebied | |
Tydsone | UTC +07:00 |
Burgemeester |
Die stad het 'n lang geskiedenis en het verskeie heersers gehad (insluitend Birmaans, Sukhothai, Viëtnamees en Khmer) voordat koning Fa Ngum dit verower het en tot die koninkryk Lan Xang gevoeg het. Die hoofstad van Lan Xang is in 1533 van Luang Prabang na Vientiane verskuif. In 1707 word die stad onafhanklik nadat 'n burgeroorlog vir Lan Xang trooopvolging plaasgevind het. In 1828 is die stad deur koning Rama III van Siam vernietig nadat hy 'n belangrike veldslag verloor het. Die stad is ontvolk. Toe Laos onder Franse heerskappy kom, word Vientiane weer die hoofstad van Laos. Die konings het egter in Luang Prabang gebly, ook na onafhanklikheid tot die kommunistiese oorname van die mag in 1975.
Vientiane is ook die hoofstad van die Vientiane-prefektuur (kampheng nakhon Vientiane). Daar is ook 'n Vientiane-provinsie - die prefektuur word in 1989 van die provinsie geskei.
Die stad Vientiane bestaan uit die volgende distrikte:
Vientiane is suster stede met:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vientiane, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.