Thongloun Sisoulith

Thongloun Sisoulith (Lao: ທອງລຸນ ສີສຸລິດ; gebore op 10 November 1946) is 'n Laosiaanse politikus wat sedert 2021 die president van Laos en die Algemene Sekretaris van die Volksrevolusionêre Party van Laos is.

Voorheen was hy vanaf 2016 tot 2021 die eerste minister en vanaf 2006 tot 2016 die minister van buitelandse sake.

Thongloun Sisoulith
Thongloun Sisoulith
Thongloun in 2023

Algemene Sekretaris van die Volksrevolusionêre Party van Laos
Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Januarie 2021
Voorafgegaan deur Bounnhang Vorachith

7de President van Laos
Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Maart 2021
Vise Pany Yathotu
Bounthong Chitmany
Eerste minister Phankham Viphavanh
Sonexay Siphandone
Voorafgegaan deur Bounnhang Vorachith

17de Eerste Minister van Laos
Ampstermyn
20 April 2016 – 22 Maart 2021
President Bounnhang Vorachith
Voorafgegaan deur Thongsing Thammavong
Opgevolg deur Phankham Viphavanh

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
8 Junie 2006 – 20 April 2016
Eerste minister Thongsing Thammavong
Bouasone Bouphavanh

President van die Staatskomitee vir Beplanning en Belegging
Ampstermyn
27 Maart 2021 – 8 Junie 2006
Eerste minister Bounnhang Vorachith
Voorafgegaan deur Bouathong Vonglokham
Opgevolg deur Soulivong Daravong

Persoonlike besonderhede
Gebore 10 November 1945 (1945-11-10) (78 jaar oud)
Houaphanh provinsie, Laos
Politieke party Volksrevolusionêre Party van Laos
Eggenoot/-note Naly Sisoulith
Alma mater Pedagogiese Kollege van Neo Lao Hak Sat
Herzen Universiteit
Russiese Akademie van Wetenskappe (Ph.D)

Hy is op 23 Januarie 2016 op die 10de partykongres gekies om premier van Laos te word. Tydens die 11de partykongres in Januarie 2021 is hy tot algemene sekretaris van die party verkies. Hy het in Maart 2021 president van Laos geword.

Biografie

Thongloun is in 1945 in die Houaphanh provinsie in die destydse Koningkryk van Laos gebore. Hy het tussen 1962 en 1969 aan die Pedagogiese Kollege van Neo Lao Hak Sat in Houaphan gestudeer. Daarna het hy verder in die Sowjetunie en Viëtnam gestudeer. Hy kan Russies, Engels, Viëtnamees en Lao vlot praat. Hy het 'n doktorsgraad in geskiedenis en 'n meestersgraad ontvang. Thongloun het vanaf 1973 tot 1978 vir 'n meestersgraad in Linguistiek en Letterkunde aan die Gerzen Pedagogie-instituut in Leningrad, Sowjetunie studeer. Hy het daarna tussen 1981 en 1984 vir 'n doktorsgraad in die geskiedenis van internasionale betrekkinge aan die Akademie vir Sosiale Wetenskappe in Moskou gestudeer.

Onderwysloopbaan

Tydens die Laotiese Burgeroorlog het Thongloun as 'n onderwyser van die Kommunistiese Pathet Lao gedien. Van 1967 tot 1969 het Thoungloun as senior lid in die Opvoedkundige Departement van die Neo Lao Hak Sat gedien, voordat hy in 1969 lid geword het van die Kantoor van die Verteenwoordiger van die Neo Lao Hak Sat in Hanoi, Noord-Viëtnam. Hy het daarna teruggekeer na Laos. Hy was tussen 1978 en 1979 'n dosent aan die Nasionale Universiteit van Laos in Vientiane waartydens hy die hoof van die Russiese taalprogram by die universiteit was.

Politieke loopbaan

Thongloun het al verskeie poste in die regering van Laos beklee. Hy was vanaf 1987 tot 1992 adjunkminister van Buitelandse Sake, en daarna vanaf 1993 tot 1997 die Minister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn voordat hy tussen 1998 en 2000 as 'n lid van die Nasionale Vergadering gedien het. Op 27 Maart 2001 is hy as adjunk-premier en die president van die Staatsbeplanningskomitee aangewys. Thongloun is op 28 Junie 2006 tot minister van buitelandse sake bevorder. Op 23 Januarie 2016 het die 10de partykongres besluit om hom as die eerste minister van Laos aan te wys.

Tydens die 11de partykongres op 15 Januarie 2021 is Thongloun as die algemene sekretaris van die Volksrevolusionêre Party van Laos verkies, wat hom gevolglik die de facto leier van Laos gemaak het. Hy is op 22 Maart 2021 as die president van Laos ingehuldig.

Verwysings

Eksterne skakels



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Thongloun Sisoulith BiografieThongloun Sisoulith OnderwysloopbaanThongloun Sisoulith Politieke loopbaanThongloun Sisoulith VerwysingsThongloun Sisoulith Eksterne skakelsThongloun SisoulithLao (taal)Laos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeurtkragErektiele disfunksieGeskiedenis van AfrikaansLeierskapLiewe HeksieSomerTsoenamiKoolstofNG gemeente JansenvilleHeks van HexrivierJakobTemperatuurKweekhuiseffekFrankrykLys van nedersettings in Suid-AfrikaJode in Suid-AfrikaAvbobPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRenaissanceLongontstekingSwawelRoofvoëlPretoriaMielieMisdaadKrimpvarkieGroot TrekBloeddrukOseaanHerfsSuid-Afrikaanse WeermagAfleiding (taalkunde)KindersiektesVaste stofKernkragBeëdigde verklaringWerkersdagAlkoholismeLys van slangeByung-Chul HanSpinnekopGlobaliseringMeeueNag van die lang messeGrootste rampe in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeMidde-Ooste23 AprilMorfeemPaasfeesYslandIntensiewe vormSuid-Afrikaanse ReserwebankEk is 'n Afrikaan (toespraak)BeesDikdermMilitêre diensplig in Suid-AfrikaCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAfvalbestuurRooipandaXhosaSelfstandige naamwoordTelkomSuiwelprodukSeptimius AwardsVulkanismeTussenwerpselAppendiksAsemhalingHokkieNatriumsulfietTamboraHorlosieNierversakingBreinAbstraksie (rekenaarwetenskap)Jaco Jacobs🡆 More