Die mark of markomgewing is die omgewing wat onmiddellik buite die ondernemingsvlak geleë is en wat die onderneming op verskeie maniere beïnvloed.
Alhoewel die meeste van hierdie faktore nie deur die besigheid beheer kan word nie, is daar tog 'n mate van invloed wat die besigheid kan uitoefen om die markomgewing te beïnvloed. Sonder verbruikers kan geen besigheid oorleef nie en alhoewel besighede nie aan voornemende verbruikers kan voorskryf wat om te koop of wanneer en waar hulle hul aankope moet doen nie, kan die besigheid in 'n redelike mate die optrede van verbruikers beïnvloed, deur seker te maak hulle lewer goeie kliëntediens, het 'n redelike prysbeleid in plek en is terselfdertyd gefokus op die lewering van gehalteprodukte.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mark (ekonomie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.