Nieu-Guinee: Eiland in die Stille Oseaan

Nieu-Guinee of Papoea-eiland (Engels: New Guinea; Tok Pisin: Niugini; Nederlands: Nieuw-Guinea; Indonesies: Papua of, histories, Irian; Duits: Neuguinea), die wêreld se tweede grootste eiland na Groenland, beslaan 'n oppervlakte van 786 000 km² en is in die westelike Stille Oseaan net suid van die ewenaar geleë.

Geografies is dit oos van die Maleise argipel, waarby dit soms ingesluit word as deel van 'n groter Indo-Australiese argipel. Geologies maak dit, aaneenlopend met Australië, deel uit van die Sahoel-kontinent, ook bekend as die Groter-Australië. Die twee landmassas is van mekaar geskei toe die area, bekend as die Torres-straat oorvloei is na die laaste Ystydperk. Antropologies word dit as 'n deel van Melanesië beskou. Polities omvat die westelike helfte van die eiland twee Indonesiese provinsies: Papoea en Wes-Papoea. Die oostelike helfte vorm die vasteland van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Nieu-Guinee het 'n bevolking van sowat 7,5 miljoen, wat 'n baie lae bevolkingsdigtheid meebring van 8 inwoners/km².

Nieu-Guinee of Papoea-eiland
Inheemse naam: Papua / Niugini
Kaart van Nieu-Guinee
Kaart van Nieu-Guinee
Geografie
Nieu-Guinee: Eiland in die Stille Oseaan
Ligging Melanesië, Stille Oseaan
Koördinate 5°30′S 141°00′O / 5.500°S 141.000°O / -5.500; 141.000 141°00′O / 5.500°S 141.000°O / -5.500; 141.000
Argipel Maleise argipel

Oppervlakte 786 000 vk km
Hoogste punt Poensjak Djaia 4 884 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Papoea, Wes-Papoea

Hoofstad Djajapoera
Grootste stad Djajapoera (200 000)

Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Provinsies Sentraal, Simbu, Oostelike Hooglande, Oos-Sepik, Enga, Gulf, Madang, Morobe, Oro, Suidelike Hooglande, Westelike Provinsie, Westelike Hooglande, Wes-Sepik, Milne Bay, National Capital District
Hoofstad Port Moresby
Grootste stad Port Moresby (307 643)

Demografie
Bevolking 11 306 940

Bevolkingsgroepe Papoea en Austronesiese
Die wêreld se tweede grootste eiland
Nieu-Guinee: Eiland in die Stille Oseaan
Nasa-Satellietbeeld van Nieu-Guinee, oftewel Papoea-eiland
Nieu-Guinee: Eiland in die Stille Oseaan
Historiese politiese situasie op Nieu-Guinee tussen 1884 en 1919
Nieu-Guinee: Eiland in die Stille Oseaan
Huidige politiese situasie op Nieu-Guinee

Nieu-Guinee word onderskei van sy droër, meer gelyke, en minder vrugbare suidelike eweknie, Australië, deur die aktiewe vulkaniese geologie, met die hoogste punt, Poensjak Djaia (of Carstenszpiramide), wat reik tot 'n hoogte van 4 884 m (16 023 vt). Tog deel die twee landmassas 'n soortgelyke fauna, met buideldiere, insluitend wallabies en possums, en die eierlêende monotreem, die mierystervark, of echidna. Buiten vlermuise en sowat twee dosyn inheemse knaagdiergenera, is daar, buiten die mens, geen inheemse plasentale soogdiere nie. Varke, verskeie bykomende rotsoorte, en die voorouer van die Nieu-Guinese singende hond het weens menslike kolonisering die eiland binnegekom.

Menslike teenwoordigheid op die eiland dateer minstens 40 000 jaar terug na die oudste mensemigrasies uit Afrika. Navorsing dui dat 'n vroeë en onafhanklike landboukultuur in die hooglande gevestig is, met getuienis van waterleidings wat minstens 10 000 jaar terugdateer. Weens die ruime tydsbestek van die eiland se bewoning, en die hoogsgefragmenteerde landskap, word 'n groot getal tale hier gebesig, met om en by 1 000 ('n groter getal as dié van meeste kontinente) wat gekatalogiseer is uit 'n geraamde wêreldwye pre-Colombiaanse totaal van 6 000 mensdialekte. Meeste word geklassifiseer as Papoeastale, 'n algemeen aanvaarde geografiese term wat 'n minderheid outeurs voorhou as 'n generiese term. 'n Aantal Austronesiese tale word aan die kuslyn en aanliggende eilande gepraat.

In die 16de eeu is die eiland Nueva Guinea genoem deur die Spaanse ontdekkers daarvan. In die onlangse geskiedenis was westelike Nieu-Guinee ingesluit in die Nederlands-Oos-Indiese kolonie. Die Duitsers het die noordkus van die eiland se oostelike helfte geannekseer as Duits-Nieu-Guinee in hul voor–Eerste-Wêreldoorlogse koloniale uitbreiding. Volgend op die Verdrag van Versailles is die Duitse afdeling aan Australië toegeken (wat reeds aanspraak op die suidooste gemaak het, as die sg. Territorium van Papoea) as 'n Volkebond-mandaat. Die oostelike helfte van die eiland het in 1975 onafhanklikheid van Australië verkry as Papoea-Nieu-Guinee. Die westelike helfte het in 1961 onafhanklikheid van Nederland verkry, maar het kort hierop gestem om by Indonesië ingesluit te word.

Die belangrikste stede op Nieu-Guinee is Djajapoera in Indonesië en Port Moresby, die hoofstad van Papoea-Nieu-Guinee. Nieu-Guinee word begrens deur die Arafurasee in die suidweste, die Seramsee in die weste, die oop Stille Oseaan in die noorde, die Bismarcksee in die noordooste, die Salomonssee in die ooste, die Koraalsee in die suidooste en die Torres-straat in die suide. Nieu-Guinee huisves die grootste tropiese reënwoud van Australasië, die rykste koraalriwwe in die wêreld en die rykste biodiversiteit buite die Amasonebekken.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AustraliëAustralië (kontinent)DuitsEilandEilandnasieEngelsEwenaarGroenlandIndonesiesIndonesiëMaleise argipelMelanesiëNederlandsPapoea-Nieu-GuineeStille OseaanTok PisinYstydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AalwynHernubare energieJakkalsNederduitsch Hervormde KerkGooglePikkewynSwartrenosterBurgerregteElektroniese of digitale mediaAfrikaanse taalleerWitrenosterAfkortingMosesBoer Soek 'n VrouEkonomiese sektorHeks van HexrivierBeeldspraakSkaapLys van Afrikaanse skrywersNuwe TestamentWerkersdagWitbloedselTweede WêreldoorlogCarike KeuzenkampWolkIngenieursweseNiemetaalJo BlackViëtnamWetenskapSkooluniformOutismeHartversakingBloukraanvoëlHemelvaartsdagKangaroeParkinson se siekteChris HaniAfrikaanse TaalmonumentInligtingBreingewasDuitslandMadison IvyResensieBeaufortskaalJacques LootsEkologieSkuinsstreepSekondêre sektor van die ekonomieChristendomMetafoorKameelperdDieregeluideSuid-Afrikaanse randPretoriaSuurstofLeierKanadaEienaamWhatsAppWaarheid-en-versoeningskommissieGemeenskapsorganisasiePinksterNedersettingAborsieSteenkool in Suid-AfrikaGordelroosGloeilampDesimale breukeApartheidSlaginstrumentDesmond TutuWinnie Madikizela-MandelaGeslagNederlandsRonelda KamferIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieBrandmondsindroom🡆 More