Gordonsbaai is 'n dorp en vakansieoord aan die Valsbaai, Wes-Kaap, met sowat 17 000 inwoners.
Gordonsbaai | |
---|---|
Dorp | |
Gordonsbaai, soos gesien vanaf Clarence-rylaan wat na Hermanus lei. | |
Koördinate: 34°07′S 18°49′O / 34.117°S 18.817°O 18°49′O / 34.117°S 18.817°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigter: | Robert Jacob Gordon |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,67 km2 (3,73 vk. myl) |
Hoogte | 2,7 m (8,9 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 16 776 |
• Digtheid | 1 700/km2 (4 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | Busse: 7151 Strate: 7140 |
Skakelkodes | 021 |
In die jaar 1778 vaar kolonel Jacob Gordon van die Kaap om Kaap Hangklip en noem die baai na hom. Die dorpie kom oorspronklik as 'n vissershawe tot stand, maar het intussen tot 'n gewilde vakansieoord ontwikkel. Sedert die nuwe munisipale bedeling van 2000 is Gordonsbaai deel van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.
Die hawe van Gordonsbaai, wat in 1936 gebou is, word nou ook deur seiljagte aangedoen. Digby die hawe lê die Generaal Botha-kollege van die Suid-Afrikaanse Vloot, met 'n groot G B teen die berghange as sy opvallende teken. Die strand is as 'n Blouvlagstrand gesertifiseer.
Gordonsbaai is vernoem na Robert Jacob Gordon (1743–1795), die Nederlandse ontdekkingsreisiger van Skotse afkoms.
Gordonsbaai was vanaf 1961 tot 1996 'n munisipaliteit. Die raad het in 1962 'n wapen aangeneem. Dit is later by die Kaapse Provinsiale Administrasie (in 1962) en die Buro vir Heraldiek (in 1988) geregistreer : Kepersgewys verdeel, die skildhoof golwend gedwarsbalk van silwer en blou en die skildvoet groen, in die skildhoof twee ankers en in die skildvoet 'n gestingelde en geblaarde protea, alles goud. Die helmteken was 'n seiljag en die wapenspreuk "Sol et salubritas". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: | Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: | Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gordonsbaai, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.