Die Kaapse Skiereiland is 'n meestal rotsagtige skiereiland wat 75 kilometer in die Atlantiese Oseaan in steek op die suidwestelike hoek van Afrika.
By die suidelike punt van die skiereiland is Kaappunt en Kaap die Goeie Hoop. Aan die noorde punte troon die beroemde Tafelberg uit bo Kaapstad, Suid-Afrika.
Die skiereiland was vroeër 'n eiland, maar ongeveer sestig miljoen jaar gelede is dit met die vasteland verbind deur die verrysing van die sanderige gebied wat nou as die Kaapse Vlakte bekend staan. Die dorpe op die Kaapse Skiereiland vorm nou deel van Groter Kaapstad.
Kaap die Goeie Hoop word soms aangegee as die ontmoetingspunt van die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie definieer die oseaangrens egter sodat die ontmoetingspunt by Kaap Agulhas is, omtrent 200 km suidoos van Kaapstad.
Die Kaapse Skiereiland is ryk aan natuurskoon en byna die hele skiereiland vorm deel van die Tafelberg Nasionale Park, 'n natuurreservaat wat in 1998 gestig is.
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | Kaapstad |
Streke: | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: | Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: | Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapse Skiereiland, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.