Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (voorheen Eden-distriksmunisipaliteit) is een van die 5 distriksmunisipaliteite van die Wes-Kaap.
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Tipe | Distriksmunisipaliteit | ||
Munisipale kode | DC4 | ||
Plaaslike munisipaliteite | Bitou, George, Hessequa, Kannaland, Knysna, Mosselbaai, Oudtshoorn | ||
Hoofstad | George | ||
Burgemeester | Memory Booysen (DA)(2016-) | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Oppervlakte | 23 331 km² | ||
Bevolking | 574 265 (2011) |
Die setel van die munisipaliteit is in George. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC4.
Die munisipaliteit bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite:
Plaaslike munisipalitteit | Kode | Oppervlak | Bevolking | % |
---|---|---|---|---|
Kannaland | WC041 | 24 767 | 4 758 | 4.3% |
Hessequa | WC042 | 52 642 | 5 733 | 9.17% |
Mosselbaai | WC043 | 89 430 | 2 011 | 15.57% |
George | WC044 | 193 672 | 5 191 | 33.73% |
Oudtshoorn | WC045 | 95 933 | 3 537 | 16.7% |
Bitou | WC047 | 49 162 | 992 | 8.56% |
Knysna | WC048 | 68 659 | 1 109 | 11.96% |
Die distriksmunisipaliteit is in 2000 gestig deur die Klein Karoo- en Suid-Kaap-distriksrade saam te smelt. Alhoewel Tuinroete se raad nog nie 'n wapen aangeneem het nie, het albei sy voorgangers wapens gevoer.
Klein Karoo — Die wapen is in 1991 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, in die skildhoof swart hoekige tweelingbalke, daaroorheen 'n horing van oorvloed wat vrugte uitstort, alles van natuurlike kleur; die skild oortop met 'n muurkroon met drie uitkomende torings, alles silwer. Die skildhouers was twee volstruise, en die wapenspreuk "Servire populo".
Suid-Kaap — Hierdie raad het aanvanklik die wapen van een van sy voorgangers, die George-afdelingsraad, gebruik. Dit het in 1997 'n nuwe wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer :Golwend deursnede van groen, en in die skildvoet golwend gedwarsbalk van vier stukke, silwer en blou, op die groen belaai met 'n silwer vyfpuntige ster tussen twee goue bye; 'n hoekige silwer skildhoof; die skild oortop met 'n muurkroon met drie uitkomende torings, alles goud. Die skildhouers was twee Knysaloeries, en die wapenspreuk "Spectemur agendo".
Die volgende statistiek is van die sensus in 2001.
Taal | Bevolking | % |
---|---|---|
Afrikaans | 343 971 | 75.61% |
Xhosa | 78 484 | 17.25% |
Engels | 28 253 | 6.21% |
Suid-Sotho | 1 258 | 0.28% |
Ander | 938 | 0.21% |
Zoeloe | 868 | 0.19% |
Tswana | 385 | 0.08% |
Tsonga | 256 | 0.06% |
Noord-Sotho | 149 | 0.03% |
Ndebele | 141 | 0.03% |
Swazi | 120 | 0.03% |
Venda | 101 | 0.02% |
Geslag | Bevolking | % |
---|---|---|
Vroulik | 232 743 | 51.16% |
Manlik | 222 181 | 48.84% |
Etniese groepering | Bevolking | % |
---|---|---|
Kleurling | 265 734 | 58.41% |
Blank | 97 647 | 21.46% |
Swart | 90 609 | 19.92% |
Asiaties | 934 | 0.21% |
Ouderdom | Bevolking | % |
---|---|---|
00 – 04 | 41 885 | 9.21% |
05 – 09 | 42 866 | 9.42% |
10 – 14 | 44 892 | 9.87% |
15 – 19 | 44 291 | 9.72% |
20 – 24 | 35 672 | 7.84% |
25 – 29 | 38 313 | 8.42% |
30 – 34 | 38 176 | 8.39% |
35 – 39 | 35 178 | 7.73% |
40 – 44 | 30 110 | 6.62% |
45 – 49 | 24 254 | 5.33% |
50 – 54 | 19 894 | 4.37% |
55 – 59 | 16 073 | 3.53% |
60 – 64 | 14 392 | 3.16% |
65 – 69 | 10 894 | 2.39% |
70 – 74 | 7 944 | 1.75% |
75 – 79 | 5 206 | 1.14% |
80 – 84 | 2 913 | 0.64% |
85 plus | 1 971 | 0.43% |
Verkiesingsuitslae vir die munisipaliteit in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009.
Party | Stemme | % |
---|---|---|
DA | 40 887 | 45.87% |
ANC | 31 758 | 35.63% |
OD | 5 626 | 6.31% |
Cope | 5 436 | 6.10% |
ACDP | 1 591 | 1.78% |
UDM | 1 523 | 1.71% |
VF+ | 1 281 | 1.44% |
APC | 131 | 0.15% |
CDA | 130 | 0.15% |
GKSA | 105 | 0.12% |
PAC | 89 | 0.10% |
MDP | 84 | 0.09% |
UCDP | 67 | 0.08% |
Azapo | 60 | 0.07% |
Nadeco | 52 | 0.06% |
IVP | 50 | 0.06% |
AFD | 46 | 0.05% |
KISS | 37 | 0.04% |
NVP | 30 | 0.03% |
WF | 28 | 0.03% |
UIF | 24 | 0.03% |
Al Jama-ah | 23 | 0.03% |
MF | 23 | 0.03% |
A Party | 23 | 0.03% |
Sadeco | 20 | 0.02% |
PAM | 14 | 0.02% |
Totaal | 89 138 | 100.00% |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tuinroete-distriksmunisipaliteit, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.