Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes

Die Suider-Afrikaanse soogdiere is in 14 ordes verdeelbaar, wat tot drie van die vier groot superordes van die soogdiere behoort.

Daarvan is die Afrotheria in Afrika ontstaan. Hulle kom almal in die Suid-Afrikaanse subgebied voor. Hierdie soogdiere, veral die Groot Vyf, is 'n groot toeristeaantreklikheid in die streek, en sommige van die groot wild genereer ook inkomste op vendusies.

Die afdelings hieronder is in alfabetiese volgorde volgens wetenskaplike naam.

Afrotheria

Afrosoricida (Afrikaanse insekvreters)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Kaapse gouemol bo die grond
  • Vroeër is hierdie groep saam met die skeerbekmuise en krimpvarkies tot een orde Insectivora gereken, maar navorsing het bewys dat hulle glad nie naverwant is nie.
  • Hierdie groep diere leef van insekte en ander geleedpotige diere, soos die spinnekop en duisendpoot
  • In Suider-Afrika is daar een familie.
    • Die Chrysochloridae of gouemolle, bestaan uit 18 spesies in die streek. (Sommige is so lank gelede as 45 jaar laas gesien)
      • Hierdie familie lewe uitsluitlik ondergronds

Hyracoidea (dassies)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Klipdassie op sy klippe

Macroscelidae (klaasneuse)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Klaasneus
  • Hierdie orde soogdier kom slegs in Afrika voor
  • Hul agterpote is baie langer as hul voorpote, met 'n baie groot agterpoot
  • Hulle het lang beweegbare snoete, en het sodoende die foutiewe Engelse beskrywingsnaam van olifantskeerbekmuis gekry
  • Hulle kleintjies word geweldig aktief gebore, ogies oop en aan die gang
  • Alhoewel hulle lyk na die muis, die rot, en die skeerbek, is hulle nie daaraan verwant nie
  • Daar is een familie in Suider-Afrika:

Proboscidea (slurpeters)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
Olifante
  • Daar is tans slegs twee spesies van hierdie orde in die wêreld oor
  • Albei se voortbestaan is op die spel, hoofsaaklik weens die groeiende wêreldbevolking wat op hul lewensruimte inbreuk maak
  • Suider-Afrika het slegs een spesie, onder die familie

Tubilidentata (buistandige)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Erdvark
  • Daar is slegs een spesie van hierdie soogdierorde in die wêreld
  • Die erdvark is van die familie Orycteropodidae
  • Hierdie dier is oorspronklik in dieselfde orde geplaas as die miereter
  • In teenstelling met die miereterorde, het die erdvark wel tande, 20 in totaal
  • Die tande het nie emalje en word gebruik om die termiete wat gevreet is, te vergruis voordat die afgesluk word

Euarchontoglires

Lagomorpha (haasvormiges)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Haas (Albrecht Durer, 1502)
  • Die orde word onderskei van ander soogdiere deur die pote wat ten volle met pels bedek is, en deur twee pare boonste voortande
  • Die haasspesies verskil van die konynspesies deurdat eersgenoemde
    • baie vinnig kan hardloop
    • se kleintjies gebore word ten volle pelsbedek en gereed om vinnig te beweeg
  • Daar is net een familie in Suider-Afrika:
    • Die Leporidae waaronder

Primates (primate)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Nagaap
  • Hierdie orde word gekenmerk deur die ontwikkeling van gespesialiseerde funksie van die pote, 'n verkorte snoet en 'n groot brein
  • Twee families kom voor:

Rodentia (knaagdiere)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Eekhoring
  • Die orde is die mees getalryk in die soogdierstamboom
  • Knaagdiere het twee snytande in die bo- en onderkaak
  • Nege families kom voor in Suider-Afrika:

Laurasiatheria

Carnivora (vleisvreters)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Wildehond in die Melbourne-dieretuin.
  • Toe dié groep soogdiere as orde benoem is, is dit geglo dat hulle uitsluitlik vleisvreters was. Sommige van die diere vreet egter ook plante en een dier in die groep vreet ook groot hoeveelhede vrugte.
  • Daar is ses families in hierdie orde. Hulle is die
Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
Kaapse pelsrobbe
  • Daar is ook seesoogdiere wat tot hierdie orde behoort.
  • Daar is slegs een spesie rob wat aan die Kaap teel. Ander spesies duik dan en wan op as weglopers van sub-Antarktika af.
  • Daar is dus net een familie in Suider-Afrika:

Cetartiodactyla (gelykhoewiges en walvisse)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Seekoei
  • Die groep soogdiere wat onder die gelykhoeviges val, het hoewe aan hulle pote, maar staan met al hul gewig eweredig op die punt van 'n paar tone, meestal die derde en vierde tone.
  • Vier families kom hieronder voor. Hulle is die
Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Boggelrugwalvis

Chiroptera (vlermuise)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Vrugtevlermuis
  • Hierdie orde is die enigste soogdiere wat kan vlieg. Hulle voorpote is na vlerke toe aangepas, en die pootbeentjies is enorm verleng.
  • Die vlermuis orde word in twee subordes verdeel:
    • Megachiroptera of die vrugtevlermuise
    • Microchiropteraof die insekvretende vlermuise
      • Daar is vyf families:
        • Die Emballonuridae, met die skedestertvlermuis, die witlyfvlermuis en die Egiptiese witlyfvlermuis
        • Die Hipposideridae, of die bladneusvlermuise het vier verskillende spesies
        • Die Molossidae, of losstertvlermuis met 14 spesies in hierdie gebied
        • Die Nycteridae, of spleetgesigvlermuise het ses spesies in die gebied
        • Die Rhinolophidae, of die perdeskoenvlermuise spog met tien spesies oor die area
        • Die Vespertilionidae, oftewel die aandvlermuise is die streek se grootse vlermuisfamilie, met 29 spesies

Eulipotyphla (Ware insekvreters)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
'n Skeerbekmuis

Perissodactyla (ongelykhoewiges)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
Hartmann se bergsebra

Pholidota (gepantserde miereters)

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes 
Ietermagô
  • Hierdie orde soogdiere het kenmerkende lang sterte en hulle liggame is bedek met horingagtige skubbe wat soos dakteëls oor die liggaam lê
  • Hulle het kenmerkende lang snoete
  • Hulle het lang, dun, taai tonge, waarmee hulle miere en termiete vang en vreet
  • Daar is net sewe oorlewende spesies in die wêreld
  • Daar is een familie in Suider Afrika:

Sien ook

Bronne

  • Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.

Tags:

Suider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes AfrotheriaSuider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes EuarchontogliresSuider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes LaurasiatheriaSuider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes Sien ookSuider-Afrikaanse Soogdiere En Hul Ordes BronneSuider-Afrikaanse Soogdiere En Hul OrdesGroot VyfOrde (biologie)SoogdierSuider-AfrikaToerisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Persoonlike voornaamwoordJohn Brown (aktivis)RenteIntensiewe vormKoperGoogle TranslateBruin huisslangSonja HerholdtNarsistiese persoonlikheidsteuringJohannes MeintjesChemiese elementWeer (meteorologie)Klein-KarooPad na jou hartMadison IvyKlimaatEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaJazzWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaNederlandBynierLettergreepMorfeemAfrikaVryheidsmanifesWaterbesoedelingTsongaIngrid JonkerGeestesteuringKapitaal (ekonomie)BlaarMantisSeksualiteitHakerVoorvoegselKweekhuiseffekBloedsomloopstelselBipolêre gemoedsteuringLionel MessiGriekwa-AfrikaansWeervoorspellingTrekarbeidVerantwoordelikheidRooms-Katolieke KerkKinderregteKaapse VlakteAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBetonSwartrenosterElandréSkaakSlangVoedselkettingOlifantSlawernyPornhubOnderwerp (taalkunde)Kongo-krisisWiskundeTafelbergOorstromingNiemetaalRuan PienaarKernkragTienie HollowaySwangerskapMusieksimboleSuid-EuropaRugbyDuitsDysselsdorpShakaSeksuele penetrasieSuiwelprodukMenslike skeletBateLys van chemiese elemente volgens atoomgetal🡆 More