Grootrietrot

Die Grootrietrot (Thryonomys swinderianus) is 'n knaagdier wat voorkom aan die oostelike kusstreke van Suid-Afrika vanaf Oos-Londen, die Limpopo provinsie, Zimbabwe, Mosambiek en die Okavango Delta in Botswana.

Die Grootrietrot is nie 'n ware rot nie; slegs knaagdiere wat aan die genus Rattus behoort word beskou as rotte.

Grootrietrot
Grootrietrot
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Hystricomorpha
Familie:
Thryonomyidae
Genus:
Thryonomys
Spesie:
T. swinderianus
Binomiale naam
Thryonomys swinderianus
(Temminck, 1827)

Bou en kleur

Die soogdier het growwe, stekelrige hare en 'n kort stert. Die rot is gespikkeld bruin oor die algemeen terwyl die onderkante 'n ligter grysbruin is. Die ken en keel is wit en die ore is byna toe onder die hare. Die snoet is verleng en die neus vorm 'n vlesige kussing wat in stampgevegte gebruik word. Die dier is groter as die Kleinrietrot. Die mannetjies (3.5 kg - 5.2 kg) is groter as die wyfies (3.4 kg - 3.8 kg).

Habitat en gewoontes

Hulle woon in rietbeddings en dele met lang gras naby permanente riviere en vleie. Die rot eet graag wortels, stingels en lote van grasse en riete. Hulle natuurlike vyande is die Tierboskat en die luislang. Hulle lewe in groepies van 8-10 maar loop gewoonlik alleen rond en is hoofsaaklik naglewend. Bedags rus hulle in digte plantegroei of in gate in die rivierwal. Die dier kan goed swem en vlug soms in die water in. Vier tot agt kleintjies word vanaf Augustus tot Desember gebore.

Sien ook

Bron

Verwysings

Tags:

Grootrietrot Bou en kleurGrootrietrot Habitat en gewoontesGrootrietrot Sien ookGrootrietrot BronGrootrietrot VerwysingsGrootrietrot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekBelgiëNeurenberg-verhoreTweede Nuwe JaarRekenaarThabo MbekiToestand van materieMark (ekonomie)Eerste WêreldoorlogJohannes HahnGeskiedenis van AfrikaansHaelWekkerWeeluisAvbobFanie ViljoenPikkewynElon MuskLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKlein vyf diereHoofpynKoolhidraatKindermishandelingSirkelAsiëAnale kankerPapierDeelwoordTekstielWerkloosheidUnited Democratic FrontBorsDiarreeJazzSamestellende afleidingJacques LootsBreinvliesontstekingStam (taalkunde)Kwame NkrumahSkarlakenkoorsNamibiëVersoeningsdagMIV/vigs in Suid-AfrikaReënvalbepalingGriekwa-AfrikaansMobutu Sese SekoMielieProstaatklierIslamitiese StaatTafelbergWeer (meteorologie)Lys van Nederlandse skildersGregoriaanse kalenderRudi ClaaseMiskruierDricus du PlessisVolstruisJohannes MeintjesOraniaStaalSeksuele penetrasieNederlandLys van kinderspeletjiesKweekhuisgasJanie du PlessisPaarl GimnasiumRoofvoëlOorkruipersMaselsVennootskapMieliestronkPriemgetalDriedimensioneelOntdekking van goud in Suid-AfrikaEkotoerismeKolonisasieSiya Kolisi🡆 More