Blouaap

Die blouaap (Cercopithecus aethiops) is 'n primaat van gemiddelde grootte.

Die spesie word slegs in Afrika suid van die Sahara gevind. 'n Klein bevolking blouape wat saam met die slawe van Afrika as troeteldiere gereis het, is tans gevestig op eilande – veral Barbados en St. Kitts – in die Karibiese See.

Blouaap
Blouaap
Volwassene in Krugersdorpwildtuin
Roepe opgeneem te Naivasjameer, Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Cercopithecidae
Genus:
Chlorocebus
Spesie:
C. pygerythrus
Binomiale naam
Chlorocebus pygerythrus
F. Cuvier, 1821
Blouaap
     verspreiding
Blouaap
Wyfies met babatjies by die iSimangaliso-vleiland, KwaZulu-Natal

Identifikasie

Die spesie het die tipiese aapvoorkoms. Hulle is skraal gebou, met lang arms en bene. Die pels op die lyf is liggrys, maar die penspels en die binnekante van die ledemate is roomkleurig tot wit. Die gesiggie is swart, maar omkring met 'n wit band pels wat dwarsoor die voorkop strek en met die wange af. 'n Volwasse mannetjie se skrotum is helderblou, en die penis skarlakenrooi.

    Mannetjie
  • Gemiddelde lengte: 115 cm
  • Gemiddelde stertlengte: 68 cm
  • Gemiddelde massa: 5,5 kg
    Wyfie
  • Gemiddelde lengte: 105 cm
  • Gemiddelde stertlengte: 57 cm
  • Gemiddelde massa: 4,1 kg

Verspreiding

Blouape word in die noorde en ooste van Suider-Afrika aangetref, en langs die suidelike kus tot so ver wes as Mosselbaai. Hulle leef ook in andersins onherbergsame areas langs riviere, insluitende die Oranjerivier tot so ver wes as sy monding, en beboste lope diep in die Karoo. Hulle is wyd verspreid deur sentraal- en Oos-Afrika, behalwe in die oerwoudareas naby die ewenaar.

Habitat

Blouape kan in 'n wye verskeidenheid van leefplekke floreer, veral bebosde en graslandgebied, maar kom ook in voorstede voor. Die beskikbaarheid van drinkwater is ook noodsaaklik.

Gedrag

Lees ook die artikel aap.

Hulle is aktief gedurende die dag en slaap snags in bome of op kranse.

Die blouaap woon in nou-verweefde sosiale groepe saam. Die tropsamestelling is gesentreer rondom 'n dominante wyfie. Tropgrootte is tussen 20 tot 30 lede. Wyfies bly lewenslank in hulle oorspronklike trop. Mannetjies migreer ten tye van die aanvang van puberteit, trek dan van trop tot trop, en spandeer omtrent drie jaar in 'n trop voordat hulle weer aanbeweeg. Mannetjies en wyfies se hiërargie is verskillend; slegs die mannetjies van hoër rang het toegang tot bronstige wyfies. Sosiale hegtheid vind plaas deur middel van onderlinge versorging van mekaar se pelse. Troppe het goed-gedefinieerde groepsgebiede met duidelike grense, wat streng deur hulle beskerm word.

Die lewensverwagting kan tot 20 jaar wees.

Hulle word deur kroonarende, breëkoparende, luiperds en luislange gevang.

Geluide

Blouape uiter 'n groot reeks geluide. Hulle het drie verskillende waarskuwingsroepe vir landroofdiere, slange en voëls. Die kenmerkende 'nkau'-roep van die volwasse mannetjie is die bron van die aap se Zoeloenaam.

Kos

Hulle is omnivore, maar vreet veral 'n verskeidenheid groente en vrugte. Hulle is ook lief vir klein insekte, klein ongewerweldes en voëleiers. Hulle spandeer heelwat tyd op die grond aan't eet, en kan groot skade in vrugteboorde, landerye, tuine en selfs oop kombuise veroorsaak.

Voortplanting

Daar is nie sigbare tekens dat die wyfie gereed is vir voortplanting nie en die diertjie het ook geen vaste paringseisoen nie. Gewoonlik word 'n enkele apie gebore na 210 dae van dragtigheid, en geboortes vind plaas tussen September en Desember. Tweelinggeboortes is seldsaam. Kleintjies word gespeen teen ongeveer vier maande.

Spoor en veldtekens

Agtergeblewe stukke kos, en doppe en oneetbare skille gee gewoonlik 'n aanduiding dat blouape in die omgewing was. Die mis is klonterig en rond, met fragmente van onverteerde plantmateriaal daarin.

Fotogalery

Sien ook

Blouaap 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Chlorocebus pygerythrus

Bronne

  • 'Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide'. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
  • 'Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika'. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.

Verwysings

Tags:

Blouaap IdentifikasieBlouaap VerspreidingBlouaap HabitatBlouaap GedragBlouaap GeluideBlouaap VoortplantingBlouaap Spoor en veldtekensBlouaap FotogaleryBlouaap Sien ookBlouaap BronneBlouaap VerwysingsBlouaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BasterhartbeesLetterkundeGautengVlagterminologieLuiaardTrappe van vergelykingDuitse maselsTrekarbeidMediaWikiInfeksieSewe wonders van die wêreldOrthopteraFotoBiodiversiteitMorfeemSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994RoemeensHartaanvalHamilton WesselsArendTweede VryheidsoorlogSomerPrince Alfred HamletWiskundeGrondwet van Suid-AfrikaHerpes simplexParasitiese siektesMahatma GandhiBorskankerPortugeesMorfologie (taalkunde)VoorsetselWikimedia-stigtingBuck AngelIetermagoDagroofvoëlsAfrikaGoogleInstagramMetaalAntisemitismeNederduitsch Hervormde KerkSlag van Cuito CuanavaleWêreld- Ekonomiese ForumKitaarSelfmoordAfrikanernasionalismeVoortrekkermonumentWoordeskatuitbreiding7de LaanPaddaVrouUilOorstromingIndo-Europese taleLemoenduifImpakte van toerismePornografiese akteurMiddelmisbruikKarpaletonnelsindroomMielieMenslike seksuele gedragVulvaStaalKlein-KarooGeldKunsmatige algemene intelligensieHomoseksualiteitWaterbesoedeling🡆 More