Dassierot

Die dassierot (Petromus typicus) is 'n Afrikaanse knaagdier wat die enigste lewende spesie van die genus Petromus (Latyn vir rotsmuis), en ook van die familie Petromuridae (Latyn vir rotsmuise) is.

Dassierot
Tydperk: Pleistoseen–Onlangs
Dassierot
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Hystricomorpha
Infraorde:
Hystricognathi
Parvorder:
Phiomorpha
Familie:
Petromuridae

Wood, 1955
Genus:
Petromus

A. Smith, 1831
Spesie:
P. typicus
Binomiale naam
Petromus typicus
A. Smith, 1831
Dassierot
Die verspreiding van die dassierot

Identifikasie

    Mannetjies
  • gemiddelde kop en liggaamslengte: 17 cm
  • gemiddelde stertlengte: 14 cm
  • gemiddelde massa: 215 g
    Wyfies
  • gemiddelde kop en liggaamslengte: 15 cm
  • gemiddelde stertlengte: 14 cm
  • gemiddelde massa: 215 g.

Die dier lyk 'n bietjie na 'n eekhoring, maar dit het nie 'n pluimstert nie. Die stert is lank (in vergelyking met die lengte van die dier) en harig, met lang wit hare op die punt. Die dassierot het 'n verplatte skedel (met klein ore) en 'n veerkragtige ribbekas, wat dit in staat stel om in te wurm in rotssplete. Die pelskleur verskil wyd tussen die diere, wat hulle help om met die rotskleur te versmelt. Die voorpoot het vier en die agterpoot vyf tone, almal met lang naels.

Verspreiding

Die platorand van Namibië tot sover suid as Noordwes-Kaap. Hulle kom ook in die suidwestelike gedeeltes van Angola voor.

Habitat

Hulle kom slegs by klipperige areas voor, soos koppies, rotskranse en klipperige heuwels.

Gedrag

Dassierotte kom gewoonlik in die oggend en laatmiddag te voorskyn vanuit hul smal rotssplete. Hulle vreet dan of bak in die son. Hulle sal soms nog snags vreet, veral as die maanlig helder is. Indien hulle kos in die hande gekry het, soos grassies of blare, pluk hulle dit gewoonlik af en gaan eet dit in hul skuiling. Hulle hardloop en spring oor die rotse, deur hul lyfies uit te sprei en plat te maak, amper soos die vlieënde eekhorings. Hulle is 'n spelerige spesie, en speel soms tussen die plantstingels rond. As hulle versteur word, duik hulle vinnig in hul rotssplete in, en gee 'n fluitroep om ander te waarsku. Hulle woon as pare saam of in familiegroepe.

Geluide

Daar is nie baie bekend oor hoe hulle kommunikeer nie, maar hulle gee die enkele fluitroep as 'n roofdier gewaar word.

Kos

Die dassierot eet gras en ook soms vrugte, sade en blare van ander plante.

Voortplanting

Dassierotte paar in November tot Desember. Hulle kry een keer per jaar een tot drie kleintjies, in die rotssplete, uitgevoer met blare en grassies, tydens die somermaande. Die dratyd is gemiddeld drie maande. Spening vind plaas op drie weke ouderdom, maar dit neem tot nege maande vir die jong dassierot om onafhanklik te word. Dis nie bekend hoe die dassierot hul kleintjies versorg nie.

Die lewensduurte van die dassierot is ook onbekend.

Hulle word deur verskeie roofvoëls gejag.

Spoor en veldtekens

Daar is geel of wit urienvlekke op die rotse waar hulle bly, en hul mis is klein en silindries met ronde punte.

Sien ook

Bronne

  • Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
  • Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
  • Petromus typicus

Verwysings

Tags:

Dassierot IdentifikasieDassierot VerspreidingDassierot HabitatDassierot GedragDassierot GeluideDassierot VoortplantingDassierot Spoor en veldtekensDassierot Sien ookDassierot BronneDassierot VerwysingsDassierot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Landbou in Suid-AfrikaNasionalismePesachKookpuntLimpopo (rivier)Onderhandelinge om apartheid te beëindigRivierHandbalDistrik SesKinderregteKameelperdJanie du PlessisOrrelMaanBeaufortskaalAfro-AmerikanersVratXenofobieMetaalVlekvrye staalApostoliese GeloofsbelydenisTolla van der MerweRomanSlag van Cuito CuanavaleProteïenVennootskapMassaSwart menseYstertydperkKommunikasieDermpoliepOopbroninhoudKarakteriseringLuiperdHaasAardverwarmingTydKonjunktivitisDiarreeWaterbesoedelingRefentse MorakeWeeluisCheslin KolbeEreksieSlangOnse VaderDeelwoordVolhoubaarheidKunsmatige intelligensieGeldMiltKlinkerLys van nedersettings in Suid-AfrikaIndustriële RevolusieSosiale mediaChemiese reaksieJaco JacobsLieweheersbesieRobbeneilandBrasiliëMaatskappyByLangste woordWhatsAppEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaParkinson se siektePikkewynLandbouSokkerSuid-AfrikaE-posLionel PetersonResensieKlimaatGalileo Galilei🡆 More