Nasionale Paaie In Suid-Afrika: Wiki lysartikel

Die Nasionale Padstelsel is 'n netwerk van paaie tussen al die groot populasiesentra in Suid-Afrika.

Die stelsel is grotendeels in die 1970's gebou met padwerke wat tot vandag steeds voortduur. Die stelsel is gebaseer op die Amerikaanse Interstate Highway wat deur president Dwight D. Eisenhower gedurende die 1950's tot stand gebring is, wat op sy beurt gebaseer is op die Duitse Autobahn waarmee Eisenhower te doen gekry het toe hy tot afloop van die Tweede Wêreldoorlog deur Duitsland getoer het.

Nasionale Paaie In Suid-Afrika: Huidige geproklameerde paaie, Voorgestelde roetes, Ouer skema
Kaart van die Nasionale Padstelsel

Huidige geproklameerde paaie

Nasionale paaie word aangedui met die letter N gevolg deur 'n nommer wat die spesifieke roete aandui. Op padtekens word nasionale paaie deur 'n vyfhoek met die nommer van die pad binne-in voorgestel.

Voorgestelde roetes

  • N21 / Skiereilandsnelweg: 'n voorgestelde kringweg wat die opgradering van die R300 insluit wat parallel met die N7 deur Bellville in 'n tolpad wat die Weskus met Muizenberg verbind.

Ouer skema

'n Ouer skema, aansienlik afwykend van die huidige nommers, is beskryf in die 1970 Shell Road Atlas of South Africa en ander gelyktydige bronne:

  • N1 - ekwivalent aan die huidige N9 van George tot Colesberg, en dan die huidige N1 van daar tot Beitbrug (met afwykings aangesien sommige nuwer dele nog gebou moes word)
  • N2 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N2 van Kaapstad tot Durban
  • N3 - ekwivalent aan die huidige N3 van Durban tot Ladysmith, dan volg dit die huidige N11 tot Volksrust, en die huidige R23 van daar af tot Heidelberg, en dan hou did aan tot sy einde in Johannesburg
  • N4 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N4 van Pretoria tot Komatipoort
  • N5 - ekwivalent aan die huidige N5 maar van Winburg verby Harrismith tot Ladysmith (laasgenoemde deel word nou as die N3 geteken)
  • N6 - ekwivalent aan die huidige N6, behalwe dat dit begin in King William's Town, die deel van daar tot Stutterheim is nou die R346, en eindig in Reddersburg.
  • N7 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N10 van Ncanaha tot net verby Middelburg
  • N8 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige R64 van Kimberley tot Bloemfontein
  • N9 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N1 van Kaapstad tot Colesberg
  • N10 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige R56 tussen Kokstad en Pietermaritzburg
  • N11 - ekwivalent aan die huidige N7
  • N12 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N12 van George tot Beaufort-Wes
  • N13 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N12 van Three Sisters tot Johannesburg
  • N14 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N2 van Durban tot eSwatini
  • N15 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige R75 van Port Elizabeth tot Uitenhage
  • N16 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N3 tussen Heidelberg en Harrismith
  • N17 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige N10 tussen Noupoort en Namibië
  • N18 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige R61 van Queenstown tot Port St. Johns
  • N19 - ekwivalent aan die gedeelte van die huidige R56 van die suide van Jamestown tot Kokstad

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nasionale Paaie In Suid-Afrika Huidige geproklameerde paaieNasionale Paaie In Suid-Afrika Voorgestelde roetesNasionale Paaie In Suid-Afrika Ouer skemaNasionale Paaie In Suid-Afrika Sien ookNasionale Paaie In Suid-Afrika VerwysingsNasionale Paaie In Suid-Afrika Eksterne skakelsNasionale Paaie In Suid-AfrikaDwight D. EisenhowerPadPresident van die Verenigde State van AmerikaSuid-AfrikaTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerSendelingposisieLionel PetersonMaatskaplike verantwoordelikheidVormSikloonKaapstadAlliterasieReënspinnekopDikdermAntisemitismeAfrikaanse woordelys en spelreëlsSeksKaapstadse waterkrisis 2015-2018PesachInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandSanskritWet op NaturellengrondLeah van NiekerkNatriumMadison IvySlawernyBerilliumWikipediaMigrasie van diereGoogleGroot-VisrivierDiarreeTsongaLangste woordLiewe HeksieKatherine JohnsonDachshundRenaissanceGevolge van aardverwarming op oseaneViëtnamoorlogOntwikkelende landEkonomie van Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaHamburgerWiki CommonsBiodiversiteitSharpeville-slagtingAfrikaanse taalleerAfleiding (taalkunde)DermpoliepAfrikanersVoyeurismePersoonlike voornaamwoordByung-Chul HanAfrikaanse Taalmonument (Welkom)Desmond TutuNasionaal-SosialismeSteve BikoSekondêre sektor van die ekonomieKaliumGoudSamestellingPirow BekkerMensNasionale lied van Suid-AfrikaToerismeGesonde dieetSonnestelselWaarheid-en-versoeningskommissieBeesvleisAustraliëAarverkalkingKersfeesWillie JoubertVerlede tyd20ste eeuSebraKokerboomNazi-Duitsland🡆 More