Piet Retief, Mpumalanga

Piet Retief is 'n dorp geleë in die bosbougebied van suidelike Mpumalanga, Suid-Afrika.

Dit is naby die grens met Eswatini en die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.

Piet Retief
Tipiese koloniale gebou in sentraal Piet Retief
Tipiese koloniale gebou in sentraal Piet Retief
Piet Retief is in Mpumalanga
Piet Retief
Piet Retief
Piet Retief, Mpumalanga Piet Retief se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 27°0′S 30°48′O / 27.000°S 30.800°O / -27.000; 30.800 30°48′O / 27.000°S 30.800°O / -27.000; 30.800
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitMkhondo
Stigting1882
Oppervlak
 • Totaal66,00 km2 (25,48 vk. myl)
Hoogte
1 251 m (4 104 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal57 428
 • Digtheid870/km2 (2 300/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.0%
 • Indiërs/Asiërs2.1%
 • Bruin mense1.3%
 • Swart mense88.2%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Zoeloe 82.8%
 • Afrikaans 7.8%
 • Engels 5.0%
 • Ander 4.4%
Poskode (strate)
2380
Poskode (posbusse)
2380
Skakelkode017
Webwerfpietretief.co.za

Geskiedenis

Die dorp is in 1883 deur die Voortrekkers gestig en vernoem na die Voortrekkerleier Piet Retief. In 1886 het die slegs 72 inwoners van die dorp die republiek Klein Vrystaat uitgeroep wat tot 1891 bestaan toe dit ingesluit is in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Die dorp het in 1932'n munisipaliteit geword. Die vernaamste toeriste-aantreklikheid in die dorp is die Nederduits Gereformeerde Kerk wat deur die argitek Gerard Moerdijk ontwerp en in 1921 gebou is.

Naamsverandering

Op 2 Februarie 2010 het die Suid-Afrikaanse minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, 'n staatsbesluit goedgekeur om Piet Retief te hernoem na eMkhondo. Soos by baie ander post-apartheid naamsveranderings in Suid-Afrika, is hierdie optrede omstrede. Die meeste inwoners is onseker oor wat die nuwe naam beteken, en het aangevoer dat die dorpsnaam "Piet Retief" nie algemeen onaanvaarbaar was nie. Soos wel die geval was met 'n naam soos Verwoerdburg. Prominente Afrikanergroepe, insluitend die Vryheidsfront Plus, het belowe om die verandering te betwis.

Distrik

Die distrik is 4 418km2 groot. Die omgewing se jaarlikse reënval beloop 1 000 mm. Die hoof-ekonomiese aktiwiteite is hout-, papier- en wattelbasproduksie sowel as mika-, kaolien- en ystermynbou.

Galery

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Piet Retief, Mpumalanga GeskiedenisPiet Retief, Mpumalanga NaamsveranderingPiet Retief, Mpumalanga DistrikPiet Retief, Mpumalanga GaleryPiet Retief, Mpumalanga Sien ookPiet Retief, Mpumalanga Eksterne skakelsPiet Retief, Mpumalanga VerwysingsPiet Retief, MpumalangaEswatiniMpumalangaN2 (Suid-Afrika)Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelastingVerenigde KoninkrykVoorsetselWiki CommonsAnglo-BoereoorlogAlliterasieGeskiedenis van AfrikaansKameelperdVerbondsarkBybelEkonomieSlag van Cuito CuanavaleRolprentPinksterNelson MandelaLeierHemelvaartVerenigde State van AmerikaEugenetikaEnsiklopedieBeer AdriaanseHerpes simplexKoöperasiestoriesPampoentjiesRymLemoenduifPersoonlikheidKindermishandelingRivierOnbemande vliegtuigBergen-Belsen-konsentrasiekampWaterBonné de BodLangste woordKuberkrakerWêreld- Ekonomiese ForumTrappe van vergelykingPreseminale vloeistofSomerKompasAfrikaanse Protestantse KerkLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandAfrikaanse WikipediaSharpeville-slagtingSkilpadNapoleon BonapartePrince Alfred HamletKoorsKrieketLys van bekende Suid-AfrikanersOorkruipersOliver TamboGeskiedenis van Suid-AfrikaTuberkuloseBoer Soek 'n VrouMisdaadromanWiskundige terminologieDramaDiereriemRekenaarRob HersovAborsieLongMatriek in Suid-AfrikaProvinsies van Suid-AfrikaRooikatSeekoeiGewoonteDwelmmiddelSeptimius PicturesNasiebouToring🡆 More