Bethlehem, Vrystaat

Bethlehem is die grootste dorp in die Oos-Vrystaat in Suid-Afrika.

Die streek word hoofsaaklik deur landbouverbouing gekenmerk.

Bethlehem
Bethlehem, Vrystaat
Bethlehem is in Vrystaat
Bethlehem
Bethlehem
Bethlehem, Vrystaat Bethlehem se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°14′0″S 28°18′0″O / 28.23333°S 28.30000°O / -28.23333; 28.30000 28°18′0″O / 28.23333°S 28.30000°O / -28.23333; 28.30000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyana
MunisipaliteitDihlabeng
Stigting1859
Oppervlak
 • Totaal37,1 km2 (14,3 vk. myl)
Hoogte
1 687 m (5 535 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal76 667
 • Digtheid2 066/km2 (5 350/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense12.0%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense2.1%
 • Swart mense85.2%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Sotho 72.2%
 • Afrikaans 14.5%
 • Zoeloe 7.0%
 • Engels 2.4%
 • Ander 3.9%
Poskode (strate)
9700
Poskode (posbusse)
9700
Skakelkode058
Bethlehem, Vrystaat
Kerkgebou van Bethlehem se N.G. Moedergemeente
Bethlehem, Vrystaat
Bethlehem se stadsaal
Bethlehem, Vrystaat
Die damwal van Loch Athlone, een van drie damme wat Bethlehem van water voorsien

Geskiedenis

Die dorp is in 1860 op die plaas Pretoriuskloof van ene J.C. Pretorius gestig, maar eers in 1884 geproklameer en munisipale status het eers in 1902 gevolg. Die naam is deur F.P. Naude, 'n plaaslike kerkleier gegee. Die naam Bethlehem beteken eintlik “broodhuis” of “beit lechem” in Hebreeus. Dit is 'n verwysing na die aard van landboubedrywighede in die area. Bethlehem is veral bekend vir graanverbouing en meer spesifiek koring.

Omgewing

Naby dié dorp is drie groot damme wat Bethlehem se inwoners van water voorsien. Dit is naamlik die Loch Athlonedam (bekend vir sy restaurant wat in die vorm van 'n skip, die Athlone Castle, gebou is), die Gerrandsdam en die Sol Plaatjedam. Laasgenoemde was eers bekend as die Saulspoortdam, maar die naam is terstond verander na 'n bus gelaai met COSATU-geaffilieerde vakbondwerkers, wat vanaf Kimberley na QwaQwa onderweg was om 'n Meidag viering by te woon, teen 'n spoed in die dam ingejaag het in Mei 2003. Dosyne passasiers is dood in die grootste busramp in die land se geskiedenis.

Die dorp word gekenmerk deur sandsteengeboue wat in die middedorp voorkom. Sandsteen is vroeër gebruik as boumateriaal aangesien dit volop in die berge en koppies in die gebied voorkom.

Die N5 nasionale pad gaan deur Bethlehem.

Sport

Die professionale sokkerspan Free State Stars, wat aan die Premier Sokkerliga deelneem, se tuisstadion is in Bethlehem. John van Reenen, voormalige wêreldrekordhouer in skyfwerp is hier gebore.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Bethlehem, Vrystaat GeskiedenisBethlehem, Vrystaat OmgewingBethlehem, Vrystaat SportBethlehem, Vrystaat Sien ookBethlehem, Vrystaat VerwysingsBethlehem, VrystaatLandbouOos-VrystaatSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Boer (landbou)TafelsoutKoorsblaarBeurtkragLys van Griekse mitologiese figureToerismeFacebookBiologieVrouGolf (fisika)TussenwerpselFotosinteseLoftus MaraisParlement van Suid-AfrikaJaco JacobsEkonomieTuisbladAkuutVerenigde KoninkrykTobie CronjéYstertydperkEsias BoschAnilingusKondensasieSwart menseFiksiePersoonlikheidVerenigde State van AmerikaHeupvervangingSuider-AfrikaHemelvaartVoedingSkoenlapperSelfoonCovid-19-pandemieTydsoneCalviniaDeelteken en umlautFilosofieLærdal-tonnelKaapse florarykAanhalingstekensKaapstadse waterkrisis 2015-2018Winnie Madikizela-MandelaLys van politieke partye in Suid-AfrikaSeksuele opwekkingLyfstraf in skoleCorioliskragLodewyk XVI van FrankrykDemografie van Suid-AfrikaWerwelkolomGeskiedenis van die BoererepubliekeDroogteHorlosieEufemismeLieweheersbesieDieregeluideDuitse maselsGesonde dieetGrondwet van Suid-AfrikaHoutFinale OplossingAssonansieOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSosiale mediaVrymesselaryKrugerwildtuinWater (molekuul)DwelmmiddelEkonomie van Suid-AfrikaTropiese sikloonSlag van Cuito CuanavaleVervoerMahatma Gandhi🡆 More