Tuinroete: Gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika

Die Tuinroete is 'n gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika en een van die gewildste toeristebestemmings in die land.

Dit strek van die historiese vissersdorp Hermanus in die Wes-Kaap tot by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Bekende dorpe soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai lê langs die Tuinroete.

Tuinroete: Klimaat, Area, Mere
Kaart van die Tuinroete
Tuinroete: Klimaat, Area, Mere
Waterval langs die Otterwandelpad in die Tsitsikamma Nasionale Park
Tuinroete: Klimaat, Area, Mere
Wildernis se strand
Tuinroete: Klimaat, Area, Mere
'n Meer langs die Tuinroete

Klimaat

Die Tuinroete-gebied geniet 'n sagte seeklimaat met matige warm somers en gematigde tot verfrissend-koel winters. Die Tuinroete ontvang van die hoogste gemiddelde jaarlikse reënval in die land, wat veral tydens die winter deur die vogtige seewinde van die Indiese Oseaan ingestroom word.

Area

Die gebied word begrens deur die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge en die Indiese Oseaan. Die inheemse Outeniekwa- en Tsitsikammabosse spog met 'n unieke mengsel van Kaapse fynbos en bosse van die gematigde klimaatsone. Voetslaanpaaie en ander aktiwiteite lok 'n groot aantal eko-toeriste.

Nagenoeg driehonderd soorte voëls word in die Tuinroete-gebied aangetref, en hulle habitat wissel van fynbos tot bosgebied en vleie.

Tien natuurbewaringsgebiede beskerm die verskillende ekostelsels van die gebied asook sy groot rykdom aan seefauna soos sagte koraalriwwe, dolfyne, robbe en ander diere. 'n Aantal baaie langs die Tuinroete dien as 'kinderkamers' vir die bedreigde Suidelike noorkapper (walvis), wat hier in die winter en lente (van Julie tot Desember) kom kalf.

Alhoewel die meeste besoekers die Tuinroete met hulle motors verken, het hulle ook die laaste stoomgedrewe passasierstrein op die vasteland van Afrika tot hulle beskikking, die Outeniqua Choo-Tjoe. Die N2 nasionale pad strek deur die Tuinroete.

Mere

Tussen George en Knysna is die mere gebied, daar is vier mere in die area: Groenvlei, Langvlei, Rondevlei en Swartvlei. By Knysna is die bekende strandmeer terwyl by Plettenbergbaai -oos van Knysna- ook 'n meer is waar die Keurboomsrivier uitmond. Die Swartvlei meer mond by Sedgefield uit in die see en het ontstaan toe die riviervallei deur die stygende seevlak oorweldig is, terwyl Rondevlei ontstaan het uit 'n kom wat deur die wind geskep en later deur water gevul is. Langvlei is 'n verdronke depressie tussen die duine.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Tuinroete: Klimaat, Area, Mere 

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

Tags:

Tuinroete KlimaatTuinroete AreaTuinroete MereTuinroete Sien ookTuinroete VerwysingsTuinroete Eksterne skakelsTuinroeteGeorgeHermanusJeffreysbaaiKnysnaMosselbaaiOos-KaapPlettenbergbaaiSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwartPeach van PletzenFilosofieParasitiese siektesDistillasieKindersiektesNeerslagNasionale PartyKasterolieSan Andreas-breukLettergreepNeurenberg-verhoreSeptimius AwardsPoësieRekeningkundeTrekarbeidKleurVerantwoordelikheidTamatieKalenderDiskriminasieMusiekWaterstofKrygkorVermenigvuldigingProvinsies van Suid-AfrikaRegeringKoolhidraatToerismeBysteekGroepsgebiedewetWieg van die MensdomHartSkrywerAnale seksSkaakVerenigde State van AmerikaMarsVolstruisSeksuele penetrasieWeervoorspellingWynand du ToitMenslike seksuele gedragRooibokVierkantswortelMantisSeksueel oordraagbare infeksieKaapstadse waterkrisis 2015-2018GoogleLuiperdNicole StraussMetafoorSuid-Afrika-WetItaliëAntisemitismeSpringbokkeWikimedia-stigtingFinale OplossingAnneli van RooyenDemokrasieWêreldwye webKewerInstagramEienaamBTWLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaByvoeglike naamwoordGalblaasKlimaatBoelieryKoors🡆 More