Laingsburg

Laingsburg is 'n dorp in die Karoo (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika), wat in 1881 gestig is en veral bekend staan om die verwoestende Laingsburgvloed 100 jaar later op 25 Januarie in 1981.

Die N1 nasionale pad gaan deur die dorp.

Laingsburg
Dorp
Laingsburg vanaf die N1 gesien.
Laingsburg vanaf die N1 gesien.
Laingsburg is in Wes-Kaap
Laingsburg
Laingsburg
Koördinate: 33°11′42″S 20°51′33″O / 33.19500°S 20.85917°O / -33.19500; 20.85917 20°51′33″O / 33.19500°S 20.85917°O / -33.19500; 20.85917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitSentraal Karoo
Plaaslike MunisipaliteitLaingsburg
Oppervlak
 • Totaal2,4 km2 (0,9 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal4 386
 • Digtheid1 827,5/km2 (4 733/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6900
Skakelkodes023
Laingsburg
Dr. Adriaan Moorrees het die hoeksteen van Laingsburg se NG kerkgebou op 4 Junie 1904 gelê. Die argitekte was Hermann Kallenbach en A.M. Reynolds. Kallenbach was onder meer ook verantwoordelik vir die NG gemeente Jeppestown en die NG gemeente Barkly-Oos se ewe indrukwekkende kerkgebou.
Laingsburg
'n Uitsig oor Laingsburg se sogenaamde bruin woonbuurt, Drawol.
Laingsburg
Karoo by Laingsburg
Laingsburg
Karoo by Laingsburg
Laingsburg
Die NG kerk is ingewy op 29 April 1905.

Geskiedenis

Laingsburg het op die plaas Zoute Vlakte tot stand gekom, wat in 1862 is deur Stephanus Carel Greeff gekoop is. Hy het glo gereeld verblyf en etes aan reisigers op pad na die Noorde verskaf.

Die ontdekking van minerale in die Vrystaat en Transvaal het die aanlê van 'n dorp, as 'n halfwegstasie tussen Worcester en Beaufort-Wes, genoodsaak. Boonop het die spoorlyn in 1879 die Buffelsrivier bereik en die Buffalo River-stasie het ontstaan.

Greeff het die plaas Vischkuyl, wat aan die Buffelsrivier gelê het, gekoop en proviand aan die spoorwegwerkers en reisigers verkoop. Ongemerk het 'n klein dorpie, Nassau, by die stasie ontwikkel en die eerste erwe is op 1 April 1880 uitgesit.

'n Bepaling dat daar 'n trekpad van 800 voet breed deur dié nedersetting moet wees, het byna die planne vir 'n volwaardige dorp in die wiele gery. Die Kommissaris van Kroongrond, John Laing, het ingegryp en die serwituut is tot 150 voet gewysig.

Uit dankbaarheid het die inwoners van die klein Nassau-gemeenskap besluit om die dorp na Laing's Town te herdoop. Later is dié naam verafrikaans na Laingsburg, veral toe neerhalend verwys is na dié dorp as Linkstoon. In 1882 is die eerste NG gemeente op Laingsburg gestig.

Wapen

Laingsburg se munisipale raad gebruik 'n skynheraldiese "wapen" wat toon (1) 'n ossewa, (2) 'n horing van oorvloed, (3) 'n brug oor 'n rivier en (4) 'n skaap in die veld. Die wapenspreuk is "Noli procrastinare".

Trivia

Laingsburg word as die mees interessante geologiese gebied in die Groot Karoo beskou. Dit was in die 1870’s deur Stephanus Greeff begin toe hy sy plaas Vischkuil-aan-de-Buffelsrivier daar gekoop het. Na verskeie name het Laingsburg sy naam by John Laing gekry wat die destydse Kommissaris van Kroongrond hier was.

Die dorp Laingsburg was in 1881 uitgelê en word 'n munisipaliteit in 1904. Laingsburg se ekonomie rus op boerderye met bokke, skape, lusern (Alfalfa) en ook vrugte

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Laingsburg GeskiedenisLaingsburg WapenLaingsburg TriviaLaingsburg Sien ookLaingsburg Eksterne skakelsLaingsburg1881198125 JanuarieKarooLaingsburgvloedN1Suid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Loftus MaraisNatuurbewaringPlantluisOnderwerp (taalkunde)FrankrykAnneli van RooyenBreinWaterbesparing in Suid-AfrikaSan Andreas-breukAdolf HitlerGeboorteYsterDemi Lee MooreSuiwelprodukKaapstadse waterkrisis 2015-2018Rassisme1913OntbossingUnie van Suid-Afrika1990MiljardCounter-Strike 2HidroëlektrisiteitReg tot ‘n gesonde omgewingWerkersdagMosambiekRenaissanceKoolstofdioksiedInsekSwartbewussynsbewegingEnsiklopedieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaCovid-19-pandemieMIV/vigs in Suid-AfrikaLeeudoringstad-spoorwegrampEkotoerismeAardbewingPussy RiotSikloonSwawelVlekvrye staalKlimaatsverandering in AfrikaWikiquoteVersamelnaamKapitalismeBoontjieMielieMeervoudBrandmondsindroomTamatieGroepsgebiedewetLys van Nederlandse skildersKoue OorlogHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKatFilistyneSuurstofRosa ParksGedigSleutel (musiek)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMusieksimboleSelfmoordTrappe van vergelykingHigiëneDistillasieRamsar-vleilande in Suid-AfrikaMensSomerSoogdierKlereVakbondKultuurHindoeïsmeDomineeWoestynMiddeloorontsteking🡆 More