Suid-Afrika N3

Die N3 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika.

Die pad verbind Durban, KwaZulu-Natal met Johannesburg, Gauteng, via die Vrystaat. Die hele pad van Durban na Johannesburg is ’n snelweg van 4 bane (of meer) waar net by die tolhekke en vulstasies stilgehou mag word.

Nasionale roete N3 shield

Nasionale roete N3
Suid-Afrika N3
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL, N3TC en eThekwini
Lengte578 km (359 mi)
Belangrike aansluitings
SuidoospuntPinestraat/Commercialweg in Durban
 Suid-Afrika N3 N2 in Durban
Suid-Afrika N3 N11 naby Ladysmith
Suid-Afrika N3 N5 by Harrismith
Suid-Afrika N3 N17 by Alberton
Suid-Afrika N3 N12 by Alberton
Suid-Afrika N3 N12 by Bedfordview
NoordwespuntSuid-Afrika N3 N1 naby Sandton
Ligging
StedeDurban
Pietermaritzburg
Germiston
Johannesburg
DorpeEstcourt
Ladysmith
Harrismith
Heidelberg
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
Suid-Afrika N3 N2N4 Suid-Afrika N3
Suid-Afrika N3
Die N3 deur die KwaZulu-Natal Middeland.
Suid-Afrika N3
Van Reenenspas op die N3, op pad na Johannesburg.
Suid-Afrika N3
Die N3 kruis die N2 by Durban.

KwaZulu-Natal

Die N3 begin in Durban se middestad waar Monty Naickerweg die N3 word. Die pad hou dan wes en kruis die N2 nasionale pad by die EB Cloete-wissellaar. Hiervandaan gaan die pad verby Pinetown, dan deur die Mariannhill-tolhek, verby Camperdown na Pietermaritzburg. Die Comrades-maratonroete kruis die snelweg ’n paar keer. Die snelweg gaan tussen Howick en die Midmardam deur, deur die Mooirivier-tolhek en hou aan tot by die Estcourtafrit. Net hierna is die Wagendriftdam te sien aan die linkerkant. Die snelweg hou noordwes, kruis die Tugelarivier, gaan deur die Tugela-tolhek en verby die een punt van die N11 nasionale pad wat ook die afrit na Ladysmith is. Na ’n verdere 20 km word die Drakensberg bestyg via die Van Reenenspas en word deur die dorpie Van Reenen gery. Nou word die Vrystaat binnegegaan.

Vrystaat

Na 11 km word by Swinburne verby gery en die Wilgerivier word in die proses oorgesteek. Twintig kilometer verder gaan die N3 deur Harrismith waar die N5 afdraai. Na ’n verdere 51 km gaan die pad verby Warden, deur die Wilge-tolhek en dan reguit noordwes tot by Villiers. Hier word die Vaalrivier gekruis en sowat 20 km verder word daar verby die Grootvleikragstasie (aan die regterkant) gery. Na ’n verdere 20 km word Gauteng binne gegaan.

Gauteng

Twintig kilometer later gaan die N3 eers deur die De Hoek-tolhek, verby Heidelberg en hou vir nog 40 km noordwes aan tot by Alberton. Hier kruis die N3 die N17 nasionale pad en net daarna sluit die N12 by die N3 aan. Die N3 hou noord, gaan deur die Geldenhuyswisselaar, deur die Gillooly’s-wissellaar tot by die Sandton/Buccleuch-wissellaar waar dit by die N1 aansluit en ook hier eindig.

Tolhekke

Daar is vyf tolhekke op die hele N3-roete. Die toltariewe word elke jaar hersien. Vanaf 1 Maart 2020 in die rigting Durban na Johannesburg is die tolfooi vir Klas 1-voertuie (ligte motors) en Klas 4-voertuie (vragwaens met 5 of meer asse)

  • Mariannhill Plaza – R12,50 / R43,00
  • Mooirivier Plaza – R53,00 / R247,00
  • Tugela Plaza – R76,00 / R273,00
  • Wilge Plaza – R71,00 / R231,00 (by Villiers)
  • De Hoek Plaza – R51,00 / R175,00 (by Heidelberg)

Totale tolkoste vir ’n motor is dus R263,50 en vir ’n swaar vragmotor R969,00 (vir een rigting).

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suid-Afrika N3 KwaZulu-NatalSuid-Afrika N3 VrystaatSuid-Afrika N3 GautengSuid-Afrika N3 TolhekkeSuid-Afrika N3 Sien ookSuid-Afrika N3 VerwysingsSuid-Afrika N3 Eksterne skakelsSuid-Afrika N3DurbanGautengJohannesburgKwaZulu-NatalNasionale paaie in Suid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiemetaalWiskundeBuffelKlein-KarooGasBhimrao Ramji AmbedkarHangbrugSeksSeekoeiRooilipslangTrappe van vergelykingCyril RamaphosaAntisemitismeZenobia KockVerkleinwoordWaterpokkiesVoegwoordPad na jou hartNic de JagerIranBloeddrukEugenetikaBelgiëBergen-Belsen-konsentrasiekampCarike KeuzenkampBurgerregteVerbondsarkLys van myne in Suid-AfrikaIndo-Europese taleFinale OplossingOu Apostoliese KerkOorlogGeweldVolhoubaarheidCovid-19-pandemieAfleiding (taalkunde)Lys van medisinale kruieAnale seksMetafoorWaterbesoedelingKoos KombuisOnderhandelinge om apartheid te beëindigKoorsDokterMeervoudSuid-AfrikaBipolêre gemoedsteuringIP-adresBukkakeAardkorsVaginale kankerKoolstofArendHondsdolheidO.J. SimpsonGrondbesoedelingBayer 04 LeverkusenIronieIslamLSteve BikoGianna MichaelsKnopiespinnekopKrieketHernubare energieMandaryn-ChineesMin ShawBelastingWet op NaturellengrondDirekte en Indirekte redeRekenaarTydKriekDroogteMosesOliver TamboNasionale VrouedagNedersetting🡆 More