Suid-Afrika N7

Die N7 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika.

Die pad verbind Kaapstad in die Wes-Kaap met Vioolsdrif, Noord-Kaap.

Nasionale roete N7 shield

Nasionale roete N7
Suid-Afrika N7
Suid-Afrika N7
Die N7 noord van Vanrhynsdorp
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL
Lengte666 km (414 mi)
Belangrike aansluitings
SuidpuntSuid-Afrika N7 N1 in Kaapstad
 Suid-Afrika N7 N14 by Springbok
NoordpuntB1 aan die Namibiese grens by Vioolsdrif
Ligging
StedeKaapstad
DorpeMalmesbury
Clanwilliam
Vredendal
Springbok
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
Suid-Afrika N7 N6N8 Suid-Afrika N7
Suid-Afrika N7
Die N7 noord van Vanrhynsdorp, Wes-Kaap.
Suid-Afrika N7
Die N7 naby Springbok, Namakwaland.

Wes-Kaap

Die N7 begin in Kaapstad deur noord van die N1 af te draai en hou dan reguit noord vir 53 km voor die dorp Malmesbury bereik word. Halfpad soontoe gaan die reisiger die Swartland binne wat bekend is vir sy koringlande. Die N7 hou steeds noord en 40 km later gaan die pad verby Moorreesburg. Nog 26 km verder steek die N7 die Bergrivier oor en loop dan verby Piketberg, 45 km later gaan die pad oor die Piekenierskloofpas en verby Citrusdal.

Die reisiger het nou die Swartland verlaat en gaan die Olifantsriviervallei en Sederbergareas binne met die Sederberg aan die regterkant sigbaar. Die pad hou nou noordoos en die Olifantsrivier bly aan die reisiger se regterkant. Na 53 km word daar eers verby die Clanwilliamdam en dan die dorp Clanwilliam gery.

Die pad hou vir 38 km steeds langs die Olifantsrivier en swaai dan skielik noordwes, kruis die rivier, gaan tussen Klawer en die Gifberg deur en hou noordwes tot by Vanrhynsdorp. Nou het die reisiger Namakwaland binnegegaan.

Namakwaland

Namakwaland is bekend vir sy blommeprag gedurende die lente. Van Vanrhynsdorp draai die N7 geleidelik noordoos, gaan oor die Sishen-Saldanha Spoorlyn en 70 km vanaf Vanrhynsdorp word die klein plekkie Nuwerus teëgekom. Die area tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus word die Knersvlakte genoem. Sewentien kilometer later word verby Bitterfontein gery en 61 km later word Garies bereik. Ongeveer 30 km voor Garies het die reisiger die Noord-Kaap binnegegaan.

Van Garies na Kamieskroon is 46 km en nog 68 km verder is Springbok nadat die N7 eers oor Burke se pas gegaan het. Springbok staan bekend as die ‘hoofstad van Namakwaland’. Daar is kopermynbedrywighede in die omgewing. Nababeep is net ‘n entjie verder vanaf Springbok (weg van die N7) en het die grootste kopermyne. Die N14 nasionale pad begin ook hier by Springbok. Vanaf Springbok is dit net 7 km na Okiep, nog ’n myndorp en 42 km verder noord kom die reisiger die dorpie Steinkopf teë. Daar moet nog 67 km gereis word voordat die grenspos en dorpie Vioolsdrif bereik word by die Oranjerivier. Hier hou die N7 op en verder aan die Namibiëkant word die pad die B1 genoem.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suid-Afrika N7 Wes-KaapSuid-Afrika N7 NamakwalandSuid-Afrika N7 Sien ookSuid-Afrika N7 VerwysingsSuid-Afrika N7 Eksterne skakelsSuid-Afrika N7KaapstadNasionale paaie in Suid-AfrikaNoord-KaapSuid-AfrikaVioolsdrifWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardeDuitsTuisbladKlem-in-die-kaakBreinvliesontstekingMaanDiskriminasieGroot DepressieEkonomiese sektorOorstromingInstagramKoorsblaarAntoniemAbstraksie (rekenaarwetenskap)ArendDeelteken en umlautMeervoudPlatinumWewervoëlsAnrich HerbstRymDigvormVloeistofMuishondVrystaatBelgiëAborsie in Suid-AfrikaNoag se arkGesonde dieetSeekatRyno HattinghLys van politieke partye in Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersVoedselkettingJak de PriesterTydOorlogRooikatMaagdelikheidDulcie van den BerghByeboerderyMorfologie (taalkunde)TrekarbeidTrappe van vergelykingAbrahamTrigeminale neuralgiePaddaRenosterkewerPierre GaslyMadison IvyToringPresident van Suid-AfrikaOntwikkelende landMaterieSuurstofKwikLys van visseYslandPresident van die Verenigde State van AmerikaHartHorlosieHomoseksualiteitVerbondsarkKaapstadse waterkrisis 2015-2018MensIndustriële RevolusieNiemetaalGeelsugSirkelBergpredikasieShakaSamestellingWaarheid-en-versoeningskommissieVergelykings (taalkunde)Proteïen🡆 More