Reuse-Akkedis

Die reuse-akkedis (Megalania prisca of Varanus priscus) is ’n baie groot uitgestorwe akkedis.

Hulle het tydens die Pleistoseen in Suid-Australië voorgekom. Dit lyk of hulle tussen 40 000 en 30 000 jaar gelede uitgesterf het. Die heel eerste inwoners van Australië kon hulle dalk teengekom het.

Reuse-akkedis
Tydperk: Pleistoseen, 0.04 m. jaar gelede
Reuse-Akkedis
’n Rekonstruksie van Megalania (Melbourne-museum).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Scleroglossa
Infraorde:
Anguimorpha
Parvorder:
Platynota
Superfamilie:
Varanoidea
Familie:
Genus:
?Megalania (sien teks)
Spesie:
?M. prisca (sien teks)
Binomiale name

Die name word betwis: óf Megalania prisca Owen, 1859 óf Varanus priscus Owen, 1859

Taksonomie

Reuse-Akkedis 
'n Voorstelling van die reuse-akkedis.
Reuse-Akkedis 
Twee ramings van die grootte van die reuse-akkedis in vergelyking met dié van lewende likkewane en die mens.

Die naam Megalania prisca ("antieke groot swerwer") is in 1859 deur sir Richard Owen aan die dier gegee vanweë sy aardse natuur. Die status van die naam as ’n geldige genus bly omstrede, want baie skrywers verkies om dit te beskou as ’n sinoniem vir Varanus, wat alle lewende likkewane insluit. Omdat die geslag van die genera Megalania en Varanus onderskeidelik vroulik en manlik is, wissel die spesienaam ook daarvolgens tussen prisca (vroulik) en priscus (manlik).

Beskrywing

Die gebrek aan volledige skelette wat ontdek is, maak dit moeilik om die presiese grootte van die reuse-akkedis te bepaal. Volgens vroeë ramings was dit sowat 7 m lank, met ’n maksimum gewig van sowat 600 tot 620 kg. In 2002 het Stephen Wroe voorgestel die Megalania was hoogstens 4,5 m lank, met ’n gewig van sowat 331 kg, terwyl gemiddelde mates 3,5 m en 97 tot 158 kg was. In 2009 het Wroe en ander navorsers die mates weer verhoog tot minstens 5,5 m en 575 kg.

Die reuse-akkedis bly egter die grootste bekende aardakkedis. Gemeet aan sy grootte, het dit waarskynlik jag gemaak op medium- tot groot diere, insluitende ander akkedisse, en klein soogdiere, sowel as voëls en hul eiers en kuikens. Die lyf en ledemate was stewig en die skedel groot, met ’n klein kam tussen die oë.

Volgens ’n studie wat in 2009 gepubliseer en op Wroe se vroeë grootteramings gebaseer is, het die reuse-akkedis ’n spoed van 2,6 tot 3 m/s gehaal, soortgelyk aan dié van die lewende Australiese varswaterkrokodil (Crocodylus johnstoni).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Reuse-Akkedis TaksonomieReuse-Akkedis BeskrywingReuse-Akkedis VerwysingsReuse-Akkedis Eksterne skakelsReuse-Akkedis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeLongontstekingLFamilie (verwantskap)KrieketBosvarkEreksieLys van medisinale kruieGoogle TranslateTaalSewe wonders van die wêreldBoer Soek 'n VrouJan van RiebeeckILuiperdLangste woordVersamelnaamSuid-AfrikaGeelhoutPiet-my-vrouAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBrahmaanAnneli van RooyenGriekse mitologieLutheranismeVoëlDie CampbellsByvoeglike naamwoordTrappe van vergelykingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereIndiëRod AlexanderWitkruisarendVlag van Suid-AfrikaRassisme in AfrikaDysselsdorpKouga Plaaslike MunisipaliteitSelfoonNatriumSkeurbuikSeksspeeldingChristendomJohan VorsterTsammaHeidelberg, GautengSteve HofmeyrTheuns JordaanHomoseksualiteitKoekepanCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJakkie LouwPerineumRobert SobukweLugbesoedelingTropiese sikloonKlitorisKonsonantVerenigde koninkrykSpinnekopHoofmeisieJamie MillerHokkiePubiese hareNiersteenIdioomZirk BerghMonopolyWiskundeCharles III van die Verenigde KoninkrykNederlandNasionale VrouedagVolhoubare ontwikkelingHannes van WykCarike KeuzenkampKamphoerKolonoskopie🡆 More