Hoofmeisie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 Desember 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het.
Dit is in Johannesburg verfilm. Die vervaardig is Danie Bester, die regisseur Morne du Toit en die skrywers is Henk Pretorius en Samuel Ferreira.
Hoofmeisie | |
---|---|
Regisseur | Morne du Toit |
Produksieleier | Danie Bester |
Draaiboek | Henk Pretorius Samuel Ferreira |
Met | Ruan Wessels Lida Botha Christel van den Bergh |
Musiek deur | Die Kat Se Snor |
Ateljee | The Film Factory |
Uitgereik | 23 Desember 2011 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir die hele gesin.
Die rolprent handel oor drie meisies op laerskool, wat onder hul dominerende mammies dieselfde droom deel - om eendag hoofmeisie van Laerskool Stumbo Pops te word. Nadia van Heerden (12) is 'n liefdevolle en gemotiveerde weeskind met dieselfde droom. Ongeag haar siniese ouma se advies om nie eers te probeer kompeteer nie, gaan sy voluit vir die gesogte bronsbalkie. Nadia weet dit sal haar oorlede ma en pa verskriklik trots maak. Sy behaal gou sukses wanneer sy redenaars wen, maar mislukkings met netbal proewe, entrepreneursdag en akademie is net die begin van haar probleme. Wanneer sy oortuig is dat haar beste vriendin, Melissa, haar in die rug gesteek het, rebelleer Nadia teen almal wie vir haar omgee. Sy word gou 'n selfgesentreerde snip wat enigiets sal doen vir die titel van Hoofmeisie. Uiteindelik leer Nadia dat 'n ware leier van agter af lei, en 'n voorbeeld van eerlikheid en onselfsugtigheid behoort te wees.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hoofmeisie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.