Klitoris: Vroulike seks orrel

Die klitoris is ’n vroulike seksorgaan wat by soogdiere, volstruise en ’n beperkte aantal ander diere voorkom.

By mense is die sigbare deel – die "glans" – aan die bokant tussen die labia majora (groot skaamlippe), bo die opening van die urinebuis. Anders as die penis, die manlike ekwivalent, bevat dit gewoonlik nie die opening van die urinebuis nie en word dus nie vir urinering gebruik nie. Die klitoris het ook nie ’n voortplantingsfunksie nie. ’n Paar diere, soos die gevlekte hiëna, het ’n besonder groot klitoris en hulle urineer, paar en bring kleintjies in die wêreld deur die klitoris. Sommige ander diere, soos die lemur en slingeraap, het ook ’n groot klitoris.

Klitoris: By mense, Verwysings, Bykomende bronne
Anatomie van die vroulike geslagsorgane:
1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin

By mense

Klitoris: By mense, Verwysings, Bykomende bronne 
Die anatomie van die vulva, met die klitoris aangedui.
Klitoris: By mense, Verwysings, Bykomende bronne 
Die ooreenstemmende dele van die penis en klitoris.

Die klitoris is by mense die vrou se sensitiefste erogene (seksueel sensitiewe) sone en gewoonlik die hoofbron van seksuele plesier. Dit ontwikkel uit ’n uitgroeisel in die embrio wat die genitale tuberkel genoem word. Dit lyk aanvanklik dieselfde by albei geslagte en ontwikkel in óf ’n penis óf ’n klitoris tydens die ontwikkeling van die voortplantingstelsel, na gelang van die blootstelling daarvan aan androgene (wat hoofsaaklik manlike hormone is). Die klitoris is ’n komplekse struktuur, en die grootte en sensitiwiteit daarvan wissel. Die glans (kop) van die menslike klitoris het rofweg dieselfde grootte en vorm as ’n ertjie en het na raming sowat 8 000 senuwee-eindpunte.

Seksologiese, mediese en sielkundige debatte het al op die klitoris gefokus, en dit was al die onderwerp van baie ontledings en studies. Sulke besprekings wissel van anatomiese akkuraatheid, genderongelykheid, vroulike genitale verminking en orgasmiese faktore en die fisiologiese verduideliking daarvan vir die G-kol. Hoewel die enigste doel van die menslike klitoris vir seksuele plesier is, is al gedebatteer of dit onontwikkel of ’n aanpassing is en of dit ’n voortplantingsfunksie het. Sosiale persepsies van die klitoris sluit in die betekenis van sy rol in vroulike seksuele plesier, skattings van sy grootte en diepte, en wisselende sienings oor genitale modifikasie soos die vergroting daarvan, maak van gaatjies daarin of die chirurgiese verwydering daarvan. Genitale modifikasie kan om estetiese, mediese of kulturele redes wees.

Kennis van die klitoris word aansienlik beïnvloed deur kulturele persepsies van die orgaan. Studies dui aan kennis oor die bestaan en anatomie daarvan is min in vergelyking met ander seksorgane, en dat groter opvoeding daaroor kan help om sosiale stigmas te verminder wat oor die vroulike liggaam en vroulike seksuele plesier bestaan – soos dat die klitoris en vulva oor die algemeen nie mooi lyk nie, dat vroulike masturbasie taboe is of dat van mans verwag word om vroue se orgasmes te beheer.

Verwysings

Bronne

  • Blechner, Mark J. (2017). "The Clitoris: Anatomical and Psychological Issues". Studies in Gender and Sexuality. 18 (3): 190–200. doi:10.1080/15240657.2017.1349509.
  • Kilchevsky, Amichai; Vardi, Yoram; Lowenstein, Lior; Gruenwald, Ilan (Januarie 2012). "Is the Female G-Spot Truly a Distinct Anatomic Entity?". The Journal of Sexual Medicine. 9 (3): 719–26. doi:10.1111/j.1743-6109.2011.02623.x. PMID 22240236.
  • O'Connell, Helen E.; Sanjeevan, Kalavampara V.; Hutson, John M. (Oktober 2005). "Anatomy of the clitoris". The Journal of Urology. 174 (4): 1189–95. doi:10.1097/01.ju.0000173639.38898.cd. PMID 16145367.
  • Ogletree, Shirley Matile; Ginsburg, Harvey J. (2000). "Kept Under the Hood: Neglect of the Clitoris in Common Vernacular". Sex Roles. 43 (11–12): 917–26. doi:10.1023/A:1011093123517.
  • Moore, Lisa Jean; Clarke, Adele E. (April 1995). "Clitoral Conventions and Transgressions: Graphic Representations in Anatomy Texts, c1900-1991". Feminist Studies. 21 (2): 255–301. doi:10.2307/3178262. JSTOR 3178262.
  • Wade, Lisa D.; Kremer, Emily C.; Brown, Jessica (2005). "The Incidental Orgasm: The Presence of Clitoral Knowledge and the Absence of Orgasm for Women". Women & Health. 42 (1): 117–38. doi:10.1300/J013v42n01_07. PMID 16418125.
  • Waskul, Dennis D.; Vannini, Phillip; Wiesen, Desiree (2007). "Women and Their Clitoris: Personal Discovery, Signification, and Use". Symbolic Interaction. 30 (2): 151–74. doi:10.1525/si.2007.30.2.151. hdl:10170/157.
  • Carroll, Janell L. (2012). Sexuality Now: Embracing Diversity. Cengage Learning. ISBN 978-1-111-83581-1.
  • Chalker, Rebecca (2002) [2000]. The Clitoral Truth. Seven Seas Press. ISBN 978-1-58322-473-1.
  • Di Marino, Vincent (2014). Anatomic Study of the Clitoris and the Bulbo-Clitoral Organ. Springer. ISBN 978-3319048949.
  • Goodman, S. (2009). "Family Eupleridae (Madagascar Carnivores)". In Wilson, D; Mittermeier, R (reds.). Handbook of the Mammals of the World. Vol. 1: Carnivores. Lynx Edicions. ISBN 978-84-96553-49-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2011. Besoek op 4 November 2019.
  • Greenberg, Jerrold S.; Bruess, Clint E.; Conklin, Sarah C (2010). Exploring the Dimensions of Human Sexuality. Jones & Bartlett Learning. ISBN 978-0-7637-7660-2.
  • Labuski, Christine (2015). It Hurts Down There: The Bodily Imaginaries of Female Genital Pain. SUNY Press. ISBN 978-1438458854.
  • Momoh, Comfort (2005). "1: Female Genital Mutilation". In Momoh, Comfort (red.). Female Genital Mutilation. Radcliffe Publishing. ISBN 978-1-85775-693-7.
  • Rodgers, Joann Ellison (2003). Sex: A Natural History. Macmillan Publishers. ISBN 978-0805072815.
  • Roughgarden, Joan (2004). Evolution's Rainbow: Diversity, Gender, and Sexuality in Nature and People. University of California Press. ISBN 978-0-520-24073-5.
  • Schwartz, Pepper; Kempner, Martha (2015). 50 Great Myths of Human Sexuality. John Wiley & Sons. ISBN 978-0470674338.
  • Shrage, Laurie J.; Stewart, Robert Scott (2015). Philosophizing About Sex. Broadview Press. ISBN 978-1770485365.
  • Weiten, Wayne; Dunn, Dana S.; Hammer, Elizabeth Yost (2011). Psychology Applied to Modern Life: Adjustment in the 21st century. Cengage Learning. ISBN 978-1-111-18663-0.
  • Wingfield, John C (2006). "Communicative Behaviors Hormone–Behavior Interactions, and Reproduction in Vertebrates". In Neill, Jimmy D (red.). Physiology of Reproduction. Vol. 2. Gulf Professional Publishing. ISBN 978-0-12-515402-4.
  • Wood, Rachel (2017). Consumer Sexualities: Women and Sex Shopping. Routledge. ISBN 978-1315447506.

Bykomende bronne

Tags:

Klitoris By menseKlitoris VerwysingsKlitoris Bykomende bronneKlitorisDierGeslagsorgaanGevlekte hiënaLabia majoraLemurPenisSoogdierVolstruisVoortplanting

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Periodieke tabelKatjieFrankrykMenseregtedagTweede VryheidsoorlogKernkragJansenvilleAdolf HitlerSpelerposisies in rugby20ste eeuBorsteRobbeneilandDawidStudievaardighedeLionel PetersonRenosterNasionalismeDokterSwangerskapEiffeltoringLeenwoordKolitisLys van hoofstedeDuitsOranjerivierArmoedeverligtingKoorsHoofkarakterNatuurlike hulpbronElektrolietElon MuskTaalSkaakNierversakingPretoriaMenslike seksuele gedragOlimpiese SomerspeleDansGeskiedenis (vakgebied)BeaufortskaalKunsmatige intelligensieFranse RewolusieSarel Jacob PretoriusBateArmoedeLewerBloeddrukDemi Lee MooreTuisbladBewussynVenda (taal)SonVars waterAardbewingAtoomSeksuele penetrasieBTWAndrew DavisWebwerfWiskundeSelfstandige naamwoordOutismeLys van Afrikaanse skrywersRob HersovWiki CommonsCristiano RonaldoPablo PicassoVolhoubare ontwikkelingSkynprivaatnetwerkVarkgriepGroepsgebiedewetCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaStikstofWinterYsterStereotipeSamestellende afleiding🡆 More