Kamphoer

Kamphoer (2014) deur Francois Smith vertel die verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is.

Nell en haar ouers was bywoners op ’n plaas voordat haar pa vroeg gedurende die oorlog vermoor is en sy en haar ma-hulle in die konsentrasiekamp beland het. Daar word sy deur twee Britse offisiere en ’n Joiner wreedaardig verkrag.

Sy val van die waentjie af wat lyke daagliks na die begraafplaas neem en word ontdek deur ’n Sotho-man, Tiisetso, wat besef dat sy nie dood is nie. Hy en ’n Sotho-vrou, Mamello, versorg Susan in ’n grot totdat sy sterk genoeg is om na Bloemfontein te reis. Op haar reis na Bloemfontein ontmoet sy ’n Britse fotograaf, Jack Perry. Hy reis saam met haar verder per trein na Kaapstad.

Danksy Perry se goedgunstigheid beland sy in Kaapstad by Marie Koopmans-De Wet, wat reël dat Susan haar in Nederland in die Sielkunde gaan bekwaam. Sy vestig haar dan ook in Nederland.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918) gaan Susan na Engeland om by die Seale Hayne-hospitaal in Devon te gaan help. Seale Hayne is ’n psigiatriese hospitaal. Daar loop sy kolonel Henry Hamilton-Peake, wat een van haar verkragters was raak, wat ’n pasiënt by die hospitaal is. Die herontmoeting met haar verlede in die vorm van Hamilton-Peake, bring die pyn en vernedering van wat in die konsentrasiekamp gebeur het, weer vir Nell na vore.

Wanneer die pasiënt oorlede is, keer sy terug na Nederland waar sy tot met haar aftrede bly. Op die ouderdom van 70 keer sy vir die eerste keer terug na Suid-Afrika, waar sy dan ook die Winburg-konsentrasiekampkerkhof besoek.

Nell se terugkeer na Suid-Afrika 52 jaar na haar verkragting is ’n sirkel wat voltooi word, juis na daar waar haar lewe “begin het”. Aan die een kant was dit as gevolg van weldoeners dat sy nie net oorleef het nie, maar ook ’n suksesvolle beroep kon beoefen. Tog was haar sogenaamde nuwe lewe ook die begin van ’n lewe om met die traumatiese gebeurtenis saam te leef.

Die roman vertel een van vele verhale oor die Anglo-Boereoorlog wat die laaste jare die lig gesien het. Dit wys dat die gevolge van die oorlog iets is wat letsels op mense se lewens gelaat het en dat dit ook dikwels ’n leeftyd by slagoffers spook.

Tags:

Anglo-BoereoorlogWinburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VloeistofVerdampingHeidelberg, GautengVlag van Suid-AfrikaApostelDemi Lee MooreDuitslandDokterDesmond TutuSaartjie BaartmanRudi ClaasePeriodieke tabelChristendomVarkJohan BadenhorstAfrikaanse woordelys en spelreëlsKliniese depressieEmfiseemLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEreksieVolstruisJan CombrinkHulpwerkwoordUitwerking van klimaatsveranderingPseudowetenskapMagnesiumMusieksimboleKletsrymSonIronieStresBernice WestBokmakierieCounter-Strike (videospeletjie)MuskeljaatkatMaagPaasfeesMosesDirekte en Indirekte redeISO 3166-2Koue OorlogVerkoueWiskundeProteïenSwaweldioksiedBeeldspraakParkinson se siekteKoppeltekenKonjunktivitisHenry MurrayHartDoopKankerWortelWilna SnymanPastoorAfrikaansOutismeKhoikhoiJaarAnton GoosenAluminiumAborsieNederduitsch Hervormde KerkNasionale VrouemonumentKuberkrakerAppel (sanger)MierleeuSkildklierHeupVerkragtingJesus van NasaretKnieSteve Hofmeyr🡆 More