Theuns Jordaan: Suid-Afrikaanse sanger

Theuns Botha Jordaan (1971–2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.

Hy het liedjies gesing wat hy self geskryf het, sowel as liedjies van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbelplatinumstatus verbygesteek. Saam met Karla du Plessis sing hy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was.

Theuns Jordaan
Theuns Jordaan: Vroeë lewe en uitbeelding, Loopbaan, Diskografie
Theuns Jordaan tydens 'n optrede op Langebaan.
Agtergrondinligting
GeboortenaamTheuns Botha Jordaan
Gebore10 Januarie 1971
Distrik Venterstad
Sterf17 November 2021 (op 50)
Pretoria
GenresLigte Afrikaanse musiek
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief2000 – 2021
EtiketteEMI-musiek
Webwerftheunsjordaan.co.za

Vroeë lewe en uitbeelding

Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 op 'n Karoo-plaas naby Venterstad, 30 km van Bethulie, gebore en het ook daar grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, het hy sy verknogtheid aan rugby begin deel met sy liefde vir kitaar. As kind is sy musiektalent in sy ouerhuis aangemoedig. Ná skool is hy weermag toe. Ná voltooiing van sy diensplig het hy Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en 'n B.Ekon.-graad verwerf.

Jordaan was 'n inwoner van Majuba-manskoshuis, en dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor 'n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met 'n paar rand en 'n pizza as enigste betaling.

Loopbaan

Sy moedertaal, Afrikaans, het op universiteit vir hom 'n passie geraak en hy het begin liedjies skryf, geïnspireer deur Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria. Hy was vir 'n jaar entrepreneur. Johan Bakkes het hom gehelp om sy debuutalbum Vreemde Stad op Stellenbosch op te neem. Vyf van die snitte op die album, wat in 2000 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees baie suksesvol vrygestel is, is deur hom self geskryf. Daarna is 'n verbeterde opname van Vreemde Stad deur EMI-musiek her-vrygestel. Die album het in 2003 Trippel Platinumstatus (150 000 kopieë) verbygesteek om een van die suksesvolste debuutalbums nog ooit in Afrikaans te word met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, is by Aardklop in 2002 bekendgestel, en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, 'n samewerking wat tot sy dood deel van Theuns se loopbaan was. In November 2005 is Seisoen vrygestel, en hierdie keer was L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen het ook vir rekordverkope gesorg met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.

In 2007 het Theuns besluit om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers is in Maart vrygestel en het byna 85 000 tot op datum verkoop.

Op 28 Maart 2008 is Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dit was 'n reuse sukses, en daar is ook 'n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD s'n 'n rekordgetal van 120 000.

Theuns was altyd 'n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 is Koue Vuur vrygestel. Dit het binne twee maande platinumstatus behaal met verkope wat tans op meer as 100 000 staan.

2012 was 'n groot jaar vir Theuns. Nie net het hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vrygestel nie, maar hy en Juanita het weer saamgewerk op Hart Vol Drome.

Roeper was een van 2012 se grootste verkopers en het lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK geboer. Die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar – het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was. Die verkope van die album is verby die 125 000-merk en ook kritici het die album geloof as een van die beste die afgelope tyd.

Theuns was met sy diep rasperstem nie net 'n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom – kom uit sy pen.

Groot sukses in 2013

2013 was 'n groot jaar vir Theuns Jordaan met sy album Roeper wat verskeie pryse ingeryg het. By die Ghoema-toekenningsaand vroeg in 2013 het Theuns vyf toekennings gewen – album van die jaar, beste kontemporêre manskunstenaar, beste albumverkoper én beste DVD vir Hart Vol Drome saam met Juanita du Plessis. Theuns het ook die Diamantprys vir totale verkoopsyfers van meer as 1 miljoen ontvang. By die Sama-toekennings in Mei van dié jaar het hy twee pryse gewen – een vir die beste Afrikaanse kontemporêre album (vir Roeper) en ook die groot prys van die jaar, dié van topverkoper album in Suid-Afrika. By die Tempo-toekennings het hy die topverkoper mans-album vir die jaar gewen vir Roeper. Daarnaas het hy saam met Juanita du Plessis die toekenning gewen vir die topverkoper DVD vir Hart Vol Drome.

Diskografie

  • 1999: Vreemde Stad
  • 2002: Tjailatyd
  • 2005: Seisoen
  • 2007: Grootste Treffers
  • 2008: Bring Jou Hart — met Juanita du Plessis
  • 2009: Driekuns
  • 2009: Koue Vuur — Die musiek van Koos du Plessis
  • 2012: Hart vol drome
  • 2012: Roeper
  • 2013: Tribute to the Poets

Filmografie

Persoonlike lewe

Leukemie is in September 2020 by hom gediagnoseer. Aanvanklike kankerbehandeling (o.a. 'n beenmurgoorplanting) het gehelp, maar nadat hy weer 'n terugslag ondervind het, is hy op 17 November 2021 in Pretoria oorlede. Jordaan is op 26 November ná 'n emosionele gedenkdiens, wat ook bydraes van sy medesangsterre ingesluit het, uit die Moreletapark-gemeente begrawe.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Theuns Jordaan Vroeë lewe en uitbeeldingTheuns Jordaan LoopbaanTheuns Jordaan DiskografieTheuns Jordaan FilmografieTheuns Jordaan Persoonlike leweTheuns Jordaan Sien ookTheuns Jordaan VerwysingsTheuns Jordaan Eksterne skakelsTheuns JordaanDavid KramerJohannes KerkorrelKarla du PlessisKoos du PlessisSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rudi ClaaseVennootskapRacheltjie de BeerMusieksimboleKlein-KarooEkologieSoutsuurVlagterminologieHortologieRookgewoonteMondLys van Afrikaanse rolprenteWiskundige terminologieVaste stofVlekvrye staalSpysverteringstelselGetalNatuurrampMIV/vigs in Suid-AfrikaMigrasie van voëlsVioolSonnestelselNatuurlike hulpbronRomanAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidJodeSuid-Afrika-WetSwaelRelatiwiteitsteorieBreinArmoedeverligtingEienaamSuid-Afrikaanse GrensoorlogPerdSonkragBybelWesterse filosofieWerkloosheidLys van Griekse mitologiese figureGewasboerdery in Suid-AfrikaSelfmoordBoontjieHerfsAfrikaanse TaalmonumentSkaakVersamelnaamSenuweestelselMetaalMantisPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDikdermGriepKlimaatveranderingAntoniemDepressie (gemoedstoestand)Rob HersovImmunologieFacebookSkaapKankerSatellietfotoWet op BevolkingsregistrasieOorkruipersMaagBorskankerPoesBlomTamatieVrymesselaryAfrikaanse WikipediaKalenderBloeddrukCovid-19-pandemieAkroniemAnglisisme🡆 More