Die Koetsier (Latyn: Auriga) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim.
Die sterre van die konstellasie vorm die gepunte helm van ’n koetsier. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Koetsier | ||||
Latynse naam | Auriga | |||
Genitief | Aurigae | |||
Afkorting | Aur | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 6h | |||
Deklinasie | 40º | |||
Grootte | 657 vk. grade (21ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5, 8 | |||
Helderste ster | Alpha Aurigae (Capella) | |||
Naaste ster | QY Aurigae | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 3 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 65 | |||
Meteoorreëns | Aurigids, Delta Aurigids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Kameelperd, Perseus, Bul, Tweeling, Rooikat | ||||
|
Die helderste ster in die Koetsier is Alpha Aurigae (Capella). Dit is 42 ligjare weg van die aarde en die sesde helderste ster in die sterrehemel. Capella is ’n spektroskopiese dubbelster wat bestaan uit twee geel reuse.
Die galaktiese antisentrum (die punt regoor die middel van die Melkweg) is sowat 3,5° oos van die ster Beta Aurigae. Dié streek het dus baie minder sterre en is dowwer as die res van die stofstrook wat die spiraal-arms van die Melkweg vorm. Omdat die Melkweg deur die Koetsier loop, het die sterrebeeld baie oop sterreswerms en ander voorwerpe. Die drie helderste swerms is Messier 36, Messier 37 en Messier 38; al drie kan met ’n verkyker of ’n teleskoop gesien word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Koetsier (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.