Sterrebeeld Kameelperd: Sterrebeeld

Die Kameelperd (Latyn: Camelopardalis) is ’n groot, maar dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim.

Dit is in 1612 deur die sterrekundige Petrus Plancius voorgestel. Sommige ouer sterrekundeboeke gebruik die alternatiewe spelling Camelopardus in plaas van Camelopardalis.

Kameelperd
Sterrebeeld Kameelperd: Ruimtevoorwerpe, Verwysings, Eksterne skakels
Latynse naam Camelopardalis
Genitief Camelopardalis
Afkorting Cam
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h
Deklinasie 70º
Grootte 757 vk. grade (18de)
Kwadrant NQ2
Besonderhede
Hoofsterre 2, 8
Helderste ster Beta Camelopardalis (β Cam)
Naaste ster LHS 2459
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 36
Meteoorreëns Camelopardalids
Aangrensende sterrebeelde
Draak, Klein Beer, Kefeus, Kassiopeia, Perseus, Koetsier, Rooikat, Groot Beer
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Sterre

Hoewel die Kameelperd die 18de grootste sterrebeeld is, is hy nie baie helder nie omdat die helderste sterre maar ’n magnitude van 4 het.

Alpha Camelopardalis (α Cam) is ’n blou superreus meer as 6 000 ligjare van die Aarde af met ’n helderheid van 4,3 mag. Dit is ongewoon dat so ’n verafgeleë ster met die blote oog gesien kan word.

Beta Camelopardalis (β Cam), van 4,03 mag, is die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is ’n dubbelster waarvan die komponente van 4 en 8,6 mag is. Die primêre ster is ’n geelreus wat 1 000 ligjare van die Aarde af is. Die tweede helderste ster is CS Cam, ’n effens veranderlike ster van 4,21 mag.

11 Cam is ’n ster van 5,2 mag wat 650 ligjare van hier is. Dit lyk baie naby aan 12 Cam van 6,1 mag, wat feitlik dieselfde afstand van die Aarde af is, maar hulle is nie ’n ware dubbelster nie; hulle is taamlik ver van mekaar af. Struve 1694 (32 Cam) is ’n dubbelster sowat 300 ligjare van hier. Albei komponente is blouwit; die primêre ster het ’n magnitude van 5,4 en die sekondêre ster ’n magnitude van 5,9.

Veranderlike sterre wat in die sterrebeeld voorkom, is Z Cam, U Cam, VZ Cam en die Mira-veranderlikes T Cam, X Cam en R Cam. RU Cam is een van die helderste tipe II-Cepheïede in die lug.

In 2011 is ’n supernova in die Kameelperd ontdek.

Diepruimtevoorwerpe

Die Kameelperd is in die deel van die hemelsfeer wat weg van die galaktiese vlak wys, en daarom kan baie verafgeleë sterrestelsels in die sterrebeeld gesien word. Van hulle is:

  • NGC 2403, ’n stelsel in die M81-groep van sterrestelsels sowat 12 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit het ’n rooiverskuiwing van 0,00043, en het dowwe spiraalarms en ’n groot sentrale bol. Dit het ’n magnitude van 8.
  • NGC 1502, ’n oop sterreswerm van 6,9 mag sowat 3 000 ligjare van hier. Dit het sowat 45 helder sterre en ’n dubbelster van 7 mag in die middel. Dit word ook verbind met Kemble se Kaskade, ’n klein ketting sterre van 2,5° lank wat parallel met die Melkweg lê en na die sterrebeeld Kassiopeia wys.
  • Stock 23 is ’n oop sterreswerm naby die suidelike grens van die sterrebeeld met Kassiopeia. Dit kan as ’n asterisme geklassifiseer word vanweë die klein aantal sterre daarin (’n klein teleskopiese "sterrebeeld").
  • Die dwerg- onreëlmatige sterrestelsel NGC 1569 is steruitbarsting-sterrestelsel van 11,9 mag, en is sowat 11 miljoen ligjare van die Aarde af.
  • NGC 2655 is ’n groot lensvormige sterrestelsel van 10,1 mag.

Meteoorreën

Die jaarlikse meteoorreën Camelopardalides van die komeet 209P/LINEAR het ’n uitstralingspunt in die Kameelperd.

Ruimteverkenning

Die ruimtetuig Voyager 1 beweeg in die rigting van die Kameelperd, maar dit sal die naaste sterre in die sterrebeeld eers oor baie duisende jare bereik, en teen daardie tyd sal sy kragbron lankal buite werking wees.

Verwysings

Bronne

  • Norton, Arthur P. (1973), Norton's Star Atlas, pp. 118–119, ISBN 0-85248-900-5 
  • Ridpath, Ian (2001), Stars and Planets Guide, Princeton University Press, ISBN 0-691-08913-2 

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Kameelperd RuimtevoorwerpeSterrebeeld Kameelperd VerwysingsSterrebeeld Kameelperd Eksterne skakelsSterrebeeld KameelperdLatynSterrebeeldSterrekundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RentePastoorHeidelberg, GautengBrandstofMagneetWikipediaAfrikaanse WikipediaIdioomEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaRacheltjie de BeerSlag van BloedrivierNiersteenInfeksieKrampHeuningbySiya KolisiVrouBruto binnelandse produkGeestesteuringMeervoudVerenigde KoninkrykSharpeville-slagtingPersoonlike voornaamwoordOlimpiese SpeleLeonardo da VinciRivierWieg van die MensdomSteve BikoNaaldekokerVerenigde State van AmerikaAtleetvoetBynierUniversele Verklaring van MenseregteDagboekUniondaleLandbouKleurPersoonlikheidCovid-19-pandemieVoorsetselEngelsHeks van HexrivierVoorvoegselResensieTydEreksieMiltStruktuur van die AardeGriepHemelvaartHector PietersonRosa ParksSinoniemLongontstekingSeptimius AwardsShanzhaiGautengKangogrotteMag (sosiale wetenskappe)Lika BerningPersentasieNasionaal-SosialismeLien se lankstaanskoeneLys van Griekse mitologiese figureBruce FordycePriemgetalCurly HowardPornhubEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOrale seksE-posVolstruisSeksposisieKernoorlogSlimfoonWaarheid-en-versoeningskommissie🡆 More