Die Skild (Latyn: Scutum) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 17de eeu uitgedink is.
Skild | ||||
Latynse naam | Scutum | |||
Genitief | Scuti | |||
Afkorting | Sct | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18,7h | |||
Deklinasie | -10º | |||
Grootte | 109 vk. grade (84ste) | |||
Kwadrant | SQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 2 | |||
Helderste ster | Alpha Scuti (α Scuti) | |||
Naaste ster | LHS 3398 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 7 | |||
Meteoorreëns | Junie-Scutiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Arend, Boogskutter, Slang | ||||
|
Die Skild is die enigste sterrebeeld wat na ’n nie-klassieke persoon genoem is. Dit is in 1684 uitgedink deur die Poolse sterrekundige Johannes Hevelius (Jan Heweliusz), wat dit oorspronklik Scutum Sobiescianum (Skild van Sobieski) genoem het ter nagedagtenis van die oorwinning van die Poolse leër onder koning Jan III Sobieski in 1683 in die Slag van Wene. Later is die Latynse naam verkort na Scutum.
Vyf helder sterre van die Skild – Alpha, Beta, Delta, Epsilon en Eta Scuti, wat voorheen 1, 6, 2, 3 en 9 Aquilae in die sterrebeeld Arend was – is latere heraanwysings.
Die sterrebeeld bevat verskeie oop sterreswerms, asook ’n bolvormige sterreswerm en ’n planetêre nebula.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skild (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.